Home Contents

Rust de Winter

Up
RdW Bundu Trail














Aanwysings na Rust de Winter

Wat gebeur Desember op Rust de Winter?

Rust de Winter is the official camp site of the 4x4ATV Organisation.  

Situated around 100km north of Pretoria, the members have an opportunity to escape the hustle and bustle of city life and enjoy time, off-road style, in nature. The 26,97ha camp site is situated on the banks of the Elands River and it is believed that, on our very camp site, you will find the biggest "Apiesdoring" trees in the southern hemisphere. Some of these trees are over 300 years old. 

This site caters an average of 100 permanent stands and about 200 casual sites available for day visitors. A touch of luxury is provided by 7 ablution facilities and 8 water tanks fed through a bore hole or pump form the river system depending on the time of year and water level in the river. (Please note however that this water is not fit for drinking - you are urged to bring along fresh drinking water when visiting the camp). Regular functions are hosted under the 4 lapa's on the site. 

Accross the road from the camp site we have access to what is known as the Gymkhana. Here our members have the opportunity to test their own as well as their vehicle's capabilities in a true off-road environment. These obstacles have been set up and are maintained by officials specifically for the purpose of enjoyment without damaging existing fauna and flora. The farms around Rust de Winter are privately owned and driving around on these dirt roads are strictly controlled and guided by the committee. We do however cater for this requirement through our Rust de Winter Bundu Trail where participants are taken into a mountainous area where guided access have been approved by the land owners.

The Rust de Winter camp site provides a cheaper option during holiday periods. A lot of our events are based at the camp site and normally additional events are held during holiday periods, ensuring that our members never get tired or bored when visiting Rust de Winter. Even the children are quite happy to spend the day at the swimming pool and sliding tube, providing parents with some deserved time off. They are free to explore nature within the camp fences. The emphasis on family participation is real and on big events such as the annual Toyota Rust de Winter Jamboree, the committee provides special entertainment for the children.

Rates: Members - R20.00 per person per day
R30.00 per camp site per stay
R50.00 per vehicle for the gymkhana per stay
Non-Members - R30.00 per person per day
R30.00 per camp site per stay
R50.00 per vehicle for the gymkhana per stay

To become eligible for a stand at Rust de Winter you have to be an active member of the 4X4ATV Organisation for no less than 2 years. Being "active" requires you to regularly attend monthly meetings and social functions. Your continued involvement in our Organisation activities is required - you have to attend at least 6 monthly meetings and visit your camp site at least 8 times during the year. Making yourself available to help in the camp where required, also helps a lot towards motivating for your stand. Should you meet this requirement, please contact Piet Pearson (0824455583) - there are limited stands available right now! Permanent stand fees are R350.00 per year and the normal camp fees per day applies. Membership and Rust de Winter fees are payable before the end of January each year.  

Wat gebeur Desember op Rust de Winter?

OK, let’s face it... nie ons almal kan dit bekostig om Desember die karavaan / sleepwa agter die 4x4 te hak en Afrika in te vaar nie! Waar ons vroeër jare in ‘n ernstige spaarplan geinvesteer het om vir die akkommodasie van die “vakansie” te spaar, het daar intussen ‘n groter monster op die horison verskyn: Never mind die akkommodasie, solank dit net naby is! Die brandstof rekening is ‘n nagmerrie en dit is net om “daar” te kom - dan het jy nog niks gedoen nie... Ek vertrou daar sal hierdie Desember weereens ‘n gros van ons lede wees wat maar die kortpad gaan vat na Rust de Winter. Ons toegang is steeds R20 per lid en R30 per nie-lid met R30 eenmalig vir die voertuig. Ek het met Peter bevestig - jy betaal net een keer R50 vir die gymkhana en kan dit dan soveel keer besoek as wat jy wil, al boek jy in vir die hele Desember! 

Ons kan nie beloof dat daar elke naweek ‘n bergroete aangebied sal word nie. Eerstens is dit nodig dat ten minste een komiteelid die groep uitvat op hierdie privaat roetes en ten tweedens, ons moet verstaan dat hierdie manne ook bietjie wil ontspan na die jaar se aanhoudende verantwoordelikhede. Maar staan by, ons weet mos nou al, hulle kan ook net so lank stil sit en dan jeuk die voete vir die pedale en hande vir die hefbome... ons sal ‘n boesmanbrief in die kamp omstuur sodra daar ‘n roete op die agenda verskyn. 

Julle moet ook onthou! Kom anker op Rust de Winter en dan kan jy vir ‘n dag Warmbad se bronne gaan besoek, jy kan jou geldjie op die tafels by Carousel gaan waag en moenie die variasie van Misty Monkeys & Feathers vergeet nie! Kom terug kamp toe en slaap lekker in die natuur om more-oggend wakker te word met die sang van voëls as jou wekker. Net op die kantlyn:- kan die ouens met die tuin- en blaastoerusting miskien wag tot 9h00 voor julle begin grasse kam en blare blaas...? GROOT ABLIEFFF! 

Daar is nog nie vaste planne nie maar soos in die verlede, is daar gewoonlik iewers in die kamp iemand wat die boesmanbriefie uitstuur en dan kom ons bymekaar vir ‘n allermuntige nuwejaarsfees. Verlede jaar het LongTom se kamp ‘n heerlike vastrap tema met hobo’s en “terte” gegooi en ek is seker hierdie jaar gaan daar weer “iets”, iewers gebeur! Ek het sy kettang getrek en jy moet dalk daai strooi hoed wat jy ge-erf het en nog nooit gedra het nie, saambring en dalk ‘n groot hemp of iets... 
LongTom gaan daar wees en ons ken hom... hy’sie bang’ie!!!

Aanwysings

Nota: Km afstande is volgens “GPS” skaal maar behoort ‘n goeie aanduiding te wees.

0.0 5.0

Vanaf Pretoria, volg N1 Snelweg, rigting Noord. ZERO ODO by Zambeziwegafrit.

5.0 3.0
[S25 38 21.6 E28 16 32.7]

Pumalani Tolhek - Betaal R5.60

Ignoreer alle komende afritte tot by 32.0km

8.0 24.0
[S25 36 59.7 E28 16 37.1]

Petro Port - Laaste inkopies. 
RdW het ‘n winkel / drankwinkel maar beskikbaarheid van petrol / diesel mag ‘n probleem wees!

32.0 0.1
[S25 24 12.5 E28 17 48.9] 

Neem Hammanskraal- / Boekenhoutskloof- afrit.
Tolhek - Betaal R12.00

32.1 0.3

Draai regs en ry oor N1 Snelweg.

32.4 28.0
[S25 24 07.9 E28 18 03.2]

Draai links na Rust de Winter  
net voor grondpad begin. 
Hammanskraal area - let op spoedbeperkings vir eerste 5km (baie voetgangers in hierdie streek).
Ignoreer afdraaipaaie vir 28km.

60.4 14.0
[S25 13 10.0 E28 26 43.7]

T-Aansluiting.
Draai regs na Rust de Winter.
Ignoreer afdraaipaaie vir 14km (insluitende die afdraai na die Rust de Winter Dam).

74.4 0.1
[S25 11 51.5 E28 34 29.8]

Let op spoedbeperking - 
gevaarlike, skerp draai na regs!

Oor enkel-voertuig-brug.

74.5 0.3
[S25 11 54.0 E28 34 32.0]

Ingang na 4X4ATV Kamp op regterhand. 
Draai regs en volg ingangspad tot by Ontvangs-kantoor.
 
Betaal toegang by Albert.

Ons wil weereens aan alle besoekers aan Rust de Winter uitwys dat 
die water in die kamp se krane nie geskik is vir drink nie!

TOEGANGSFOOI VIR RUST DE WINTER VANAF 1 FEBRUARIE 2007:
LEDE: @ R20 pp per dag
NIE-LEDE: @ R30 pp per dag
R30 per voertuig/kamp per besoek
R50 per voertuig vir gebruik van gymkhana area per boesoek

 

 

Home ] RdW Bundu Trail ]

Send mail to news@4x4atv.org with questions or comments about this web site.
Copyright © 2008 4X4ATV Organisation
Last modified: November 18, 2008

Web by ezdezign@iafrica.com