Home Up

          RdW MTB Challenge

Up

 

 

 

     

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die jaar gaan ons die Bergfiets resies vir die derde keer aanbied, soos in die verlede gaan daar n 70km en n 30km roete wees. Peter Claasen wat die berg goed ken sal die 60km roete uitsit wat die deelnemers altyd sal onthou, die wedren sal weereens n ware Challenge wees. Die roete sal ook nie die selfde wees as die vorige jare nie. Die 35km roete sal deur n privaat wildsplaas en n gedeelte van die berg uitgesit word.

Inskrywingsgeld is R120 vir die 70Km en R80 vir die 30Km.

Inskrywings kan op die Cyclelab webwerf gedoen word.

 

Rust de Winter Mountain Bike Challenge 2009

 Baie dankie aan Peter Claasen,Piet Pearson, en Frits Greger wat baie ure ingesit het om die roete uit te sit en skoon te snoei. Baie kilometres is heen en weer gery om die afstand wat ons geadverteer het so na as moontlik te kry. Gelukkig het ons goeie reën gehad het voor die byeenkoms en die kamp en langs die roete was lower groen en bykans geen stof nie. Vir die mense wat die eerste keer op RdW gekom het, was die groot skadubome en groen gras soos 'n oase. Ons sal verseker meer besoekers en kampers kry met 2010 se byeenkoms.
Die byeenkoms was aangebied met die sanksionering van GAUTENG NOORD FIETSRY. Volgens meneer Retief Freysen, voorsitter van GNF wat opgetree het as skeidsregter asook amptelike waarnemer, was die organisasie en aanbieding uit die boonste rakke. 
Daar was meer as 300 inskrywings en ongeveer 90% het die roete susesvol voltooi. Die terugvoering van amptelike en deelnemerskant was wer eens baie positief. Die wedren is reeds op die amptelike nasionale kalender van fietsry byeenkomste in 2010 geadverteer. Ek is seker daarvan dat die moeite en opoffering wat gepaard gegaan het met die aanbied van hierdie byeenkoms, in die toekoms goeie vrugte sal dra vir ons klub. Die moontlikheid van 600+ deelnemers lyk gladnie so vergesog nie!!!
Dankie aan ons borge en al die lede wat gehelp het om die die dag 'n sukses te maak.

Borg: Toyota SA
Klank: Fritz Greger; Charl Behne
Inskrywings:  Annatjie Kok; Rina du Preez; Andriette Jacobs; Grietha Jacobs; Marie Botha; Rina Stander

THE RESULTS... courtesy of 


Ook gepubliseer op www.spectrumsport.co.za

 

 
Up ]
Send mail to news@4x4atv.org with questions or comments about this web site.
Copyright © 2008 4x4ATV Club
Last modified: June 16, 2010
Web by Frits Greger  (soundser@lantic.net)