News Letter

About us & Contact information

Upcoming Events

Rust de Winter
Bundu Trail

Back to Index

Trails, odds & ends...

Jamboree

Sponsors & Links

Photo's of recent events

To all frequent visitors, please press "Ctrl" & "Refresh" to view latest updates.



Toyota Rust de Winter 
4x4 Jamboree 2009 
Entry Form

AANKONDIGING / ANNOUNCEMENT 
Die Jamboree word uitgestel / The Jamboree is postponed

Toyota Rust de Winter Jamboree 
Inskrywings vir die 2009 Jamboree is oop! 
Lede @ R 280-00   /   Nie-lede @ R 360-00
Inskrywingsvorms is beskikbaar - 'klik op die logo' - of by die klubkantoor.
Inskrywingsfooi is betaalbaar - Bankbesonderhede:
4X4ATV, ABSA, Tak: 335 045, 
Rek no: 0600 720 708

Faks jou inskrywing en depositostrokie aan die kantoor (012) 377 3975
Merk baie duidelik: Jamboree 2008 naam en lid nommer (indien van toepassing)!

Articles from out latest news letter :-

Insette baie welkom! Stuur aan: news@4x4atv.org 

Ysbeerdans - Rust de Winter Leverne

TOYOTA 1000 Desert Race

Sanipas Wegbreek - Deon Kok

SAFARI CENTRE PRESS RELEASE

ORRA

LEDE SE EIE BESIGHEDE / DIENSTE

BAIE WELKOM NUWE LEDE

FOR SALE / WANTED

JOKERS COLUMN

LIEF EN LEED

GENERAL INFORMATION

Willie van Greune vertel...

GENERAL ADMINISTRATION / ALGEMENE ADMINISTRASIE

WE HAVE AGAIN RECEIVED PROOF OF PAYMENT WITHOUT REFERENCE TO A MEMBER NUMBER.
MEMBER NUMBERS ARE ESSENTIAL!!! 

ONS HET WEER INBETALINGS OP DIE KLUBREKENING SONDER VERWYSING NA LIDNOMMERS.
GROOT ASSEBLIEF - DIT MAAK ADMINISTRASIE ‘N NAGMERRIE - ONTHOU JOU LIDNOMMER!!!

MEMBERSHIP FEES
SHOULD YOUR MEMBERSHIP FEE BE PAID UP AND YOU HAVE NOT RECEIVED YOUR 2008 KEY HOLDER, PLEASE CONTACT PETER CLAASEN URGENTLY * TEL 082 558 6184 * FAX 012 377 3975 

LEDEGELD
INDIEN JOU LEDEGELD OPBETAALD IS EN JY HET NOG NIE JOU 2008 SLEUTELHOUER ONTVANG NIE, KONTAK ASB. VIR PETER CLAASEN DRINGEND * TEL 082 558 6184 * FAX 012 377 3975

YSBEERDANS - RUST DE WINTER

Die naweek het begin met die fiets pret-ry die Saterdag oggend. Ongelukkig was daar net 4 mense wat die 9 km roete gery het en net 2 kleintjies wat saam in die Landy gery het. Ons het eers na middagete begin met die boeresport, die kinders het dit baie geniet. Daar was eers die appel op 'n tou, almal was lekker taai daarna. Die kinders het eier gooi gespeel, water ballonne gegooi, sak resies en drie been resies. Daar was van die pa's wat die kinders gewys het hoe 'n mens dit moet doen. August het toe vir die kinders gewys hoe om kennetjie te speel en hulle het dit baie geniet.

Ongelukkig kon Frits en August nie reg kom met die DSTV vir die rugby nie, so die mans moes maar op die radio luister hoe speel die Springbokke. (Sal 'n plan moet maak om van die bome te snoei wat in die pad is vir die skottel).

Ons het weer 18h00 bymekaar gekom by die dans saal, August het al die konkas gestook met lekker vure. Flame Mobile Disco het vir ons baie gawe musiek gemaak en almal het lekker gedans om warm te bly. August en sy broer het die pap en sous gemaak en almal kon teen 20h00 eet. Die mense het ongelukkig vroeg geloop, die koue was 'n bietjie te veel of hulle het skraps nie genoeg Sherry gedrink nie! 

Sondag oggend het almal bymekaar gekom vir die bergroete. Soos gewoonlik was dit baie lekker. Dankie aan Frits en Mike wat almal gevat het op die roete.

Sondag aand om 18h00 was daar 'n kerk diens, baie dankie aan Lukas wat dit vir ons gereël het.

Dankie aan almal wat gehelp het om die dans saal en tafels reg te kry en met die op pak Saterdag aand, ons waardeer dit baie. Ons wil ook baie dankie sê aan almal wat Maandag gehelp het om alles op te ruim en skoon te maak. Hopelik volgende jaar as daar weer 'n ysbeer dans is sal daar heelwat meer mense wees.

Dankie weereens aan almal wat gehelp het.

Leverne





Dit is elke jaar die voorreg van die 4X4ATV Organisasie om diens te doen by die brandstofpunte op hierdie grootse woestynren. Daar is al ‘n paar manne wat sommer by voorbaat hulle plekke jaarliks boek. Alhoewel daar ‘n goeie mate van werk betrokke is, is daar tog lekker tyd vir ontspan ook. Stel jouself voor: ‘n paar manne in die bos, ver van alles, nagenoeg 60km vanaf Gaberone op ‘n GPS punt met net dit wat jy in jou bakkie kan saamvat. Kyk moenie ‘n vout maak nie, die ouens sorg goed vir hulself en Christo is al gekonfyt met die kosmakery. Die manne eet nie net blikkieskos nie! In die aand is die spiere lekker styf van rondhardloop met petrolkanne en as jou opblaasmatras nie van formaat is nie gaan die volgende dag nog stywer wees. Dit is nou nadat die trokke wat die brandstof sou inbring verdwaal het en ons ouens middernag daar uit is om hulle te gaan haal. Awie sê hulle was kwart oor vier terug in die kamp en kon toe darem so klein bietjie slaap inkry voor die eerste ouens verby gejaag kom. Een ou het blykbaar amper sy quad in die kamp omgegooi toe hy effe te windmakerig weggespring het. Die span het voor die tyd ‘n pomp probeer bou om die hervulling makliker te maak maar die het blykbaar gladnie gewerk nie en hulle het toe maar weer terug geval op die beproefde mannekrag. Soos julle kan sien was die dae heerlik warm maar die nagte geniepsig koud. Klere word sommer in baie lae oormekaar aangetrek. Die vure help maar in die tente moet elkeen maar self warm bly. ‘n Bosstort en tradisionele graaf en rol witgoud onder die arm is seker net van die faktore wat die dames uit hierdie ekspedisie uithou. Die ekstra vakansie-dag, 16 Junie, het die gejaagde oppak van vorige jare uitgehelp en die ouens kon nog een aand lekker kuier, ontbyt eet en rustig oppak vir die pad terug SA toe. 

Voorwaar ‘n lekker ekskursie en sal volgende jaar weer met net soveel lof aangepak word!

(Wat LongTom met net ‘n onnie en voorskoot aangevang het moet julle maar by hom uitvra).





Press Release FOR IMMEDIATE RELEASE
09 June 2008
Contact: Adele Odendaal
Safari Centre 4x4 Stores
Tel: (012) 348 3253
Fax: (012) 348 3926
0866228638
E-mail: marketing@safaricentre.co.za

PROGRAMME YOUR PVR DECODER – SAFARI 4X4 ROETES IS ON ITS WAY

It is time to move a little closer to your television set and use your Auto tune button on your decoder to make sure you don't miss out on the new series of Safari 4x4 Roetes.

Safari Centre, the leader in 4x4 products and equipment as well as camping and outdoor equipment is experiencing a very exiting time with the filming of the new Safari 4x4 Roetes series. André de Villiers, Managing Director of the well-known Safari Centre 4x4 Stores, and 4x4 professional with years of experience, is the host of the second series, 4x4-oriented Afrikaans television series on KykNET. “Safari 4x4 Roetes” will air on Wednesday, 09 July 2008, in the prime time slot of 19:00. You can also watch the rebroadcasts on Thursdays at 14:00, Fridays at 09:30 and 00:30, Saturdays at 16:30 as well as Mondays at 16:30.

The 4x4 routes attempted in the series is of the most challenging 4x4 routes that is available and includes a variety of 4x4 conditions / obstacles. The routes are chosen in such a way that every province in the country is represented and viewers can be sure to obtain the hands-on information to attempt such a route after watching this series on TV.

André makes use of a Toyota Land Cruiser “70 Series”, equipped with Bridgestone tyres to make sure that the obstacles are tackled with safety and ease. But even with the best vehicle and tyres it is not always possible to have everything going your way……as André encountered and had no other choice but to use the WARN winch to recover his vehicle. 

The viewer can look forward to hands-on information on proper 4x4 driving skills, handy 4x4 tips, information on 4x4 equipment and everything else that a 4x4 owner should know! 

André de Villiers recently said that he was going to use his strong mechanical engineering and vehicle development background, combined with his passion for 4x4, to practically demonstrate to all viewers how to drive 4x4 vehicles.

A DVD will be made of every episode and will be available at Safari Centre 4x4 Stores and various other retail outlets at the conclusion of the series. The DVD will also include additional 4x4 tips and information on the various 4x4 equipment available. Viewers are invited to send any 4x4-related questions to André de Villiers at 4x4roetes@safaricentre.co.za , upon which he will reply as necessary.

The main sponsors of “Safari 4x4 Roetes” are Safari Centre 4x4 Stores, Toyota South Africa, Bridgestone, Conqueror Trailers and Control Instruments (Warn Products).

Safari Centre, the leader in the 4x4 industry, offers a one stop service for 4x4 owners on quality accessories and the fitment thereof, as well as camping and outdoor equipment. In addition, customers can be assured that they will receive professional advice from the 4x4 experts. The company boasts branches in Pretoria, Johannesburg, Cape Town, Durban, Polokwane, Windhoek, Ermelo, Vereeniging and now also in Boksburg and Upington. For your nearest Safari Centre 4x4 Stores, please contact their National Customer Care Line at 0861 SAF4X4, or visit their website at www.safaricentre.co.za - END -

This series also has an encounter with our famous Rust de Winter Bundu Trail and will be screened on the 30th July 2008 with rebroadcasts as scheduled above.
Do not miss it!



Off Road Radio Association

It is on offence for anyone to operate a two-way radio without the necessary license, and in fact, also for anyone to sell such an apparatus to an unlicenced purchaser. ORRA is aware that the authorities are clamping down on unlicensed radios, and we strongly suggest that you ensure that you have the correct license. The fines are prohibitive. ORRA holds some licenses from ICASA and provides these licenses to members on behalf of ICASA. Through ORRA the application for licenses is made much easier while abiding in all respects with the regulations as set down in the Radio Act. A small admin fee needs to be paid. ORRA expects that all license holders will use proper procedures (rudeness and bad language are offences under the Radio Act). The 29 MHz band is a shared band, and users should always afford anyone using the channel the same courtesy as they would expect. On extended trips, in convoy, the correct use of radios ensure that all in the convoy can keep in contact with one another. However, radios do sometimes develop faults, therefore it is recommended that the front vehicle always keeps the following vehicle in sight. 

Our ORRA chairman is Cobus Bosch and any queries that you may have with regard to radios should be addressed to him at 082-655-6626 or boschjf@sabc.co.za 

NUUT!!!
LEDE SE EIE BESIGHEDE / DIENSTE

NUWE GEDAGTE: ONS HET BESLUIT OM AAN ONS LEDE ‘N EKSTRA DIENS TE LEWER - SOOS IN DIE VERLEDE SAL ONS KLEIN ADVERTENSIES VIR WAT JY WIL VERKOOP OF AANKOOP GRATIS PLAAS - STUUR BESONDERHEDE NA EZETTE BY FAKS: 0866 857 545 OF DIE KANTOOR FAKS BY (012) 377 3975 OF STUUR E-POS: news@4x4atv.org 
MAAR NOU MET ‘N EKSTRA VERGUNNING: STUUR ‘N KORT BESKRYWING VAN JOU BESIGHEID DEUR NA DIESELFDE ADRESSE SOOS BO EN ONS SAL JOU BESIGHEID GRATIS ADVERTEER - SODOENDE KAN KLUBLEDE MEKAAR ONDERSTEUN IN HIERDIE TYE WAT DIT REEDS MOEILIK IS OM KOP BO WATER TE HOU

FRITS GREGER
GREGER SOUND SERVICES

SOUND
INTERCOM
PUBLIC ADDRESS
BACKGROUND MUSIC SPECIALISTS

TEL: 012 804 1700
FAX: 012 804 0594

DEON KOK
DWJ PROJEKTE

BOUKONTRAKTEURS
AANBOUINGS
NUWE HUISE
ONDERHOUD VAN GEBOUE

012 333 9642
082 920 6103

LUKAS LANGE
L/C PLANTHIRE
TEL : 012-3770647
SEL : 0832847214
HIRING OF MIXERS, PLATE COMPACTORS, WACKERS, WELDERS, GENERATORS, WATER--PUMPS, CHAINSAWS, GROUND AUGERS, POWER FLOATS, EXT.

JJA MASJINERING
J COETZEE
INSTRUMENTMAKER
CNC PRODUKSIE
FREESWERK EN DRAAIWERK
Tel: 012 205 1267
Sel: 083 306 5556
mcoetzee@mtnloaded.co.za
 

Katlego Drycleaners
Huishoudelik & Kommersieël 
(Pta & Centurion)
Was & Droog: R9.70 p/kg
Stryk: R11.00 p/kg
Was & Stryk: R15.00 p/kg
Ons haal en lewer af
Registreer by www.katlego.com  
vir spesiale pryse en promosies

Ma-Vr 06h00 - 18h00 
Sa 07h00 - 14h00

Mauritz 083 792 3392
Jannie 083 291 0785

SODWANA BAAI
teen teerpad
BOSSIE VAKANSIE WOONSTEL 
(4 PERSONE)
R700 p nag
ZULU HUTTE
(2 PERSONE)
R200 p nag
CAROL-ANN
082 824 3979

Mr DISCMAN

ON-CAR DISK SKIMMING to all makes of 
cars and LDV’s 
ON YOUR SITE!

Call Piet on
083 236 3478

AFRICA TELECOMS

Telecommunication Specialist 
We specialize in Samsung Pabx Systems
Henry Wickham
0834175599
africatelecoms@telkomsa.net 
www.africatelecoms.co.za 

SPASIE VIR JOU EIE BESIGHEIDS-ADVERTENSIE!

STUUR INFO NA
news@4x4atv.org 


FOR SALE
Willys Jeep CJ2A, Chev 3.8 V6, 350 Turbo 
Auto Box, Disc brakes all-round Fibretech body, 
BP Racing Green Chrome Rims
R 65 000
Kontak Peter
082 558 6184

5 x General Graber AW 265/70R16 het 8000km geloop
@ R 800 elk

1 x Bridgestone Dueller H/T 255/70K15
@ R 400

Kontak Peter
082 558 6184

SMALL ADDS ARE PLACED FREE OF CHARGE SMS DETAIL TO EZETTE ON 082 575 1577, 
FAX TO 012 377 3975 OR E-MAIL TO news@4x4atv.org 
R50 donation for advertisement with a photo.



  
Het Rust de Winter sy eie spook...? Wat hou van 4x4...?
Org vertel... Hulle het saam met die Syncro klub gekuier by Rust de Winter. Hy het vir hom ‘n mooi Kombi gekoop maar was nog bietjie jammer vir hom. Hy het net sy groen Volla uitgesleep met die Kombi maar wou nie met hom speel nie - het die “bosparra” gebruik vir speel. Iewers gaan daar toe iets verkeerd met die ‘starter’ en volgende oomblik begin die Kombi self ry - was in-rat gewees. Op teen die wal en karplaks op sy dak in die rivier! Het hom so versigtig as moontlik weer op die wiele gekry maar die skade was daar! Al wat ek wonder is hoe verduidelik jy dit nou vir die versekering... Moet nogal interessant wees. 


Kobus Smit het aangestuur...   Hoe gebeur so iets?!?!?!

  
QUAD FOR SALE...
Can not tell how many kilo’s it has done... Extensive work done on suspension...

   As jy onlangs ‘n “goeie een” gehoor of gesien het, wees ‘n sport en deel jou lag met ons -> news@4x4atv.org 

   
WELKOM
aan die volgende nuwe lede wat by ons organisasie aangesluit het: 

Riaan Helberg

Mag julle baie voor-spoedige 4x4 kilo’s met ons deel!

Stuur gerus informasie deur aan die klubkantoor. Ons lede is soos ‘n familie en staan u graag by in oomblikke van hartseer of vreugde.  e-pos ook welkom: news@4x4atv.org 

Code of Conduct:

Laws and Regulations 
Respect and abide by the rules and regulations of the country, national parks, conservation and public areas. Keep to the laws and regulations that apply to four wheel driving for the area you drive in.
Fellow Human Beings
Respect the right of privacy, peace and solitude of other human beings. Obtain permission before driving on private land. 
Fauna and Flora
Preserve our fauna and flora. Never disturb animals it might affect their survival. Obey fire restrictions and always extinguish campfires. Bring out what you take in, never bury litter. 
Vehicle Perfection
Keep your vehicle mechanical sound and clean to reduce environmental impact. Carry sufficient tools, spares and recovery equipment. 
Fellow Road Users
Abide to the traffic rules. Drive defensively and set an example to others. Be friendly and courteous to fellow road users. Assist fellow four wheel drivers in need.
Responsibility 
Take responsibility for your actions. Promote the safe and responsible use of four wheel drive vehicles. Accept responsibility for your group. Do not drink and drive. 
Clubs
Support four wheel driving as a responsible and legitimate recreational activity. Obey the constitution and rules of your club.
Responsible “Off-Road” Driving
Keep to existing roads and tracks. Avoid sensitive eco systems. Travel in a group or with another vehicle in remote areas. Take adequate water, food, first aid and fuel. Preplan trips carefully before departure.
Abide to Code of Conduct: 
The Code of Conduct supports responsible four wheel drive recreation and is valuable only if you observe it. 

Lede wat reeds ledegeld betaal het maar nog nie sleutelhouers ontvang het nie word versoek om met die klubkantoor te skakel.
Mebers that have already paid membership fees but have not received key holders are requested to contact the club office. 

Indien jy sou besluit om jou lidmaatskap op te sê vir watter rede ookal, laat ons asb. per faks of e-pos weet. 
Should you, for whatever reason, decide to terminate your membership, please inform us by fax or e-mail. 

   Willie se Boomstorie...    

NEFFENS DIE BOOM (Vervolg van Mei)

Dit wys net weer ek moet begin my bek hou. Laasmaand se verslag oor my vriend Retep Nlaasec se wedervaringe met die gereg en Peter Claasen se onberispelike leefstyl op smal reguit weë binne die wet, het betrekking.

'n Ontstelde Peter Claasen bel uit die blou en bombardeer my oor afleidings wat hy maak oor sy persoonlike lewe en Retep se kaskenades en hy praat oor skade aan sy beeld en belemmerde huweliksverhoudings by die huis. Ek beklemtoon pertinent dat enige ooreenkomste wat u mag sien tussen Retep se eskapades en Peter Claasen se onderhandelinge met die Polisie van welke aard ookal is bloot toeval of 'n produk van u eie kreatiewe denke. Ek behou net die hoogste agting vir Meneer Claasen se voorbeeldige lewe, asook so vir sy eggenote, Mevrou. Hy verteenwoordig orde in 'n wangeordende samelewing en as hy die geringste te na gekom voel vra ek askies maar andersyds, as die skoen pas, gebruik dit. Voorts is inligting vaag en spekulatief of Meneer Claasen wel in die gevangenis gewerp is en ewenwel so is dit weinig meer as water onder die brug want ek sien hy loop los, vry soos 'n arend.

Voorlaasmaand het ek ook so half begin vertel van my vriend Mertains se aanbouery met sy vriend, ene Peit Kornohof. U sal onthou beplanning het begin oor 'n dop met een kamer vir sowat R10000 en 'n paar doppe later gevorder tot drie woonstelle vir sowat R60000. Ek kan ook nou nie alles onthou hoe Mertains my vertel het nie, want die storie het Oktober laasjaar begin en steeds is het einde nog niecht. Ek glo ook Mertains vertel uit sy perspektief. Nietemin, na 'n paar weke slaan hierdie Kornohof uit na sy lang siekbed met sy bouspan wat bestaan uit die Zimbabwiese dagloner, en so met die uitklim vloek en verskree hy die bouspan tot aksie. Mertains is opgewonde dat hier dinge begin gebeur wat hy amper so half begin afskryf het, en met 'n lied in sy hart storm hy die kombuis in om vir almal koffie te maak. Hoor 'n lawaai vertel hy, maar steur hom nie veel daaraan nie want hier gaan nou gewerk word. Toe hy buite kom word hy amper flou. Die bouspan is besig met die sestienpond hamer om die garage se agtermuur plat te slaan en toe die laaste gedeelte van die muur ineenstort kon die dakbalke nie meer nie en en stort die helfte van die dak inmekaar op sy bakkie en nuwe veldsleepwa, woorde kan dit nie beskryf nie. Niks om oor bekommerd te wees nie, verduidelik Peit, hy begin sommer hier bou. Skree die bouspan moet solank begin fondasies grou terwyl hy loop sement koop met sy Audi wat 'n paar dekades gelede beter dae geken het.

Ons sal probeer vinnig oor baie dinge praat, maar Peit is daar weg en hy bly weg en hy bly weg, en sonsak kom hy aangestrompel vol sweet en vloek drie vloeke sonder om 'n woord in te kry. Blykbaar 'n kalmeersirkel misgekyk en is oor 'n spoedhobbel met 'n spoed in die Audi volgepak met sement. Die slap veerstelsel kon dit nie lekker hanteer nie en elke ding wat kon die gees gee, het opgepak. Wiele skeef, oliebak flenters, die ratkas selekteer geen rat van geen soort nie en die Audi staan immobiel in die straat. Middernag kry hulle die Audi gesleep tot by Peit se huis met Mertains se vrou se Uno en teen die tyd protesteer en rook die Uno dat jy hom waar sien aankom. Hierdie was blykbaar die begin van 'n baie smartvolle periode in my vriend se lewe, want hy is die ou met die onderstebo garagemuur en die bouer wat dit moet regmaak sit sonder transport met Mertains se bougeld in sy gatsak en as ek vir u vertel die verhouding tussen hierdie twee boesempêlle raak half stram, lieg ek nie. Nou kan u mos dink. Die volgende dag wil Peit net onder die Audi inkom en Mertains wil net weet van bouskedules. Uiteindelik 'n kompromie bereik en met tweedehandse sink en seil die gat tydelik toegestop, so gesê as 'n ou vandag ook kan inreken as 'tydelik'.

Om almal se belange in te pas besluit Peit om tot tyd en wyl eers aan te gaan met die kamerombouing, en elke dag na werk dump sy vrou hom by Mertains waar hy hamer en kap tot midddernag. Dan moet Mertains hom huistoe vat. Sy dae spandeer hy onder die Audi en hy vra kort-kort vir nog geld wat Mertains sê hy is nie lekker of dit gaan vir stene of dryfaste nie. Maar om 'n lang storie kort te maak, Peit kon toe nie die Audi weer aan die gang kry nie en kry dit op een of ander skuilie manier verruil vir 'n Golfbakkie in nog slegter toestand, maar toe is hy darem weer mobiel. Die tweede dag toe hulle gaan slaptjips kry vir middagete sien hulle net mense in die parkeerterrein rondhardloop en karre skuif, want die Golf staan en brand daar waar hy staan. Genadiglik kon een of ander 4X4-ou 'n brandblusser uitpluk wat hy lankal smag om te gebruik en hy spuit die Golf spierwit. Binne, buite, bak en enjinkompartement. Nodeloos om te sê, die Golf wil toe ook nie start nie. Dapper-stapper, Uno en weer amper middernag-sake. Nog verlore boutyd, en so het hierdie dik pêlskap na 'n paar maande ernstige krake begin optel.

Twee weke lank lê Peit onder die Golf. Die derde week begin hy weer met die kamer en Dinsdagmiddag toe hy wil tjaila sê hy vir Mertains 'n grap is 'n grap waar's sy Golf - toe's dit gesteel in die straat voor Mertains se huis. Mama Mia. Teen die tyd het die twee niks meer om mekaar te vertel nie en ons sal maar so vier maande in hierdie moeilike tyd oorslaan, dis te veel van 'n lang storie en u sal dink ek dik aan.

Mertains sê vandag is hy 'n bouer van formaat en niemand vertel hom niks. Peit het verdwyn na die Golf-episode en hy doen nou blykbaar kontrakwerk in Ellisras, maar sakiemakie, want hy wat Mertains is het 'n duur les geleer en dit is as 'n witmens sleg raak sal hy enige kompetisie vir slegwees op die Olimpiese Spele wen. Sy R60000 bouprojek kos hom uiteindelik R400000 wat hy nie naastenby op gereken het nie en nog minder kan bekostig. 

Peit het uiteindelik wel die kamer afgegee, maar die volgende dag is die huis se krag dood. Eers gedog dis kragverdeling, maar na 'n week alle gloeilampe in die huis vervang. Niks. Gevroetel, geprobeer. Niks. Uiteindelik ten duurste die hulp moes inroep van 'n elektrisiën en die het bevind vriend Peit het eenvoudig die huis se kragdrade afgeknip agter die skakelbord en die agterkamer se krag daar gekonnekteer. Mertains vertel sy vrou sê die badkamer se plafon lek waar Peit gebou het, hy moet loop kyk. Vat 'n besem en stamp die plafon om te sien hoe nat is dit, donnder 'n daghaemmer vuil water deur die deurdrenkte plafon op sy kop wat Peit met geloof onder 'n lekplek in 'n pyp ingeskuif het sodat die nuwe plafon nie moet nattigheid optel nie. 

Mertains sê hy moet vandag voor begin met sy lewe soos 'n suigeling. Sy garage is gestroop en hy het geen gereedskap oor nie ten spyte van drie elektriese bore en vele allerlei goedere wat hy vir die bouery aangekoop het. Gereedskapstelle en spanners is weg. Kornohof is weg, antwoord nie sy selfoon nie en kom haal ook nie sy stukkende kruiwa sodat hulle bietjie kan gesels nie. Mertains vertel toe hy nou een naweek na 'n lang ruk wou gaan kamp, soek hy sy dubbele batterystel vir die yskaste. Die is weg en hy noem nommers om dit te vervang wat my hare laat regopstaan. Ek sê hom dit moet mos daar wees hy moet net mooier soek. Hy snork in sy neus sonder om te antwoord. Hy is deesdae nie 'n happy chappy nie en handhaaf so waas van wantroue met al wat pêl is, en as ek probeer vriendelik wees staar hy my met agterdog aan of ek agter die kat ingekom het.

Kornohof sien ek steeds as 'n boukontrakter van formaat en 'n man wat ken van beweeg. Ek verstaan tussen die lyne hy werk nou aan 'n groot projek in Louis Trichardt en wens hom wel en kan nie help om steeds van hom te hou nie, hy moet net nie vir my kom bou nie. Per slot van rekening, hy bly 'n leier in ons gemeenskap en ek sien op na sy leiding, want hy was my klaskaptein lankal en ons het almal opgekyk na hom soos na Agab l'Crerque, wat ook nie heeltemal sonder foute was nie. 

In prinsiep is meeste van hierdie goed wat ek u probeer vertel gospel en die karakters bestaan in die werklike lewe, al is dit dan ook net amper soos Mark Condor. Kornohof was wel woes met my vriend, maar dit gaan nie oor of hy kan bou of nie kan bou nie en of hy met geld kan werk of nie kan werk nie. Die lewe het sy gat geswaai vir Kornohof, en steeds het hy nie een kwel in die lewe nie. Terwyl hy rustig lê en slaap, kwel ek my dat ek môre miskien nie iets gaan hê om oor te kwel nie, want 'n ou probeer tog beteken vir iemand. 

Hierdie storie is ook maar soos Mertains my die dinge vertel en dit sou interessant wees om ook Kornohof se kant te hoor, maar hy is steeds soek en al kry 'n ou hom in die hande sal ek hom die verleentheid spaar, want wat ek gesien het het, ek gesien. 'n Kosbare les wat hy my wel leer is dat om te werk is dalk nie altyd die enigste antwoord nie, daar is makliker maniere.

Groetnis. 

PS. Ek verneem agterna tussen die lyne Piet Claasen het wel met die gereg gebots en hulle het gesukkel om mekaar te verduidelik. Ek verneem ook die gereg waarmee hy in onenigheid was, het Carte' Blanche geslaan vandees-maand en die ou is nie meer part van die regstelsel nie. Hoor van R25000 se skulderkennings wat ter sprake was en hoewel ek nie Mnr Claasen se finansiële krag bevraag nie, dra min van ons die tipe geld in ons broeksak. Ons glo PC het wel sy deel pret gehad, maar wat als gebeur het, das weiss ich nicht. 

Please note: The opinions of writers in this publication is their own and does not necessarily reflect the opinion of the 4x4ATV Organisation. 

Neem asb. kennis: Die menins van skrywers in hierdie publikasie is hul eie en verteenwoordig nie noodwendig die mening van die 4x4ATV Organisasie nie. 

home   about us   image gallery   jamboree 2007   trails   news letter   rust de winter   sponsors & links   upcoming events

web page by: ezdezign@iafrica.com