TOYOTA Rust de Winter Jamboree

About us & Contact information

Upcoming Events

Rust de Winter
Bundu Trail

News Letter

Trails, odds & ends...

Back to Index

Sponsors & Links

Photo's of recent events

To all frequent visitors, please press "Ctrl" & "Refresh" to view latest updates.

AANKONDIGING / ANNOUNCEMENT
Die Jamboree word uitgestel / The Jamboree is postponed

2008-07-07     Geagte deelnemer,

2008 TOYOTA RUST DE WINTER JAMBOREE

Dankie vir u inskrywing vir vanjaar se Jamboree. Ons ag u ondersteuning hoog en bied die Jamboree aan vir u genot en ons almal se plesier.

Die ATV-Organisasie het na lang besprekings, asook op aandrang van die hoofborge vir die Jamboree, besluit om die datum van hierdie byeenkoms uit te stel van die tradisionele langnaweek in September tot die somer en ons oorweeg vanselfsprekend gepaste langnaweke in die eerste kwartaal.

Dit is ‘n groot besluit met finansieële implikasies vir ons Klub, en ‘n finale datum sal eersdaags deur die komitee vasgestel word en u so spoedig moontlik daarvan in kennis gestel word.

Verskeie positiewe redes is in aanmerking geneem om hierdie gewigtige besluit te regverdig, en ons vertrou u sal ook die voordele insien en u ondersteuning aan ‘n beter byeenkoms bevestig.

1.                  Die Rust de Winter Jamboree is ‘n familie-naweek waartydens die Klub poog om verskeie familieaktiwiteite beskikbaar te stel sodat u die naweek geniet en u kinders in veiligheid kan speel in die son.

2.                  Vanjaar se vakansiedag val op ‘n Woensdag en gewone naweke is te kort vir die Jamboree en dit gaan deelname en kampbywoning tydens die Jamboree-naweek ernstig en negatief beïnvloed. 

3.                  Ons gaan vasbrand met die groot aantal baanbeamptes wat nodig is om die byeenkoms aan te bied, want almal is dalk nie in die posisie om ekstra verlof buite normale vakansiedae te neem nie.

4.                  Die Bosveld en omgewing is in sy droogste en lelikste fase, synde einde van die winterseisoen. Groot dele van die veld is afgebrand en die paaie is tot poeier vertrap na die lang periode sonder reën.

5.                  Die kamp gaan gebuk onder ‘n watertekort en kampeerareas kan nie vooraf besproei word nie. Kampeerders staan in stof en dorings wat nie altyd ewe aangenaam is vir almal van ons nie.

6.                  Gedurende Maart/April  geld omgekeerde toestande. Die veld is pragtig, die kamp lowergroen en die bome is vol blare.

7.                  Die klimaat is oor die algemeen beter en behoort die beter toestande meer kampeerders en naweek-wegbrekers te lok.

8.                  Ons wil nuwe lewe en meer aktiwiteite by die Jamboree betrek, en ‘n groter verskeidenheid kampvermaak vir besoekers. Noem dit ‘n tipe ‘karnaval of feesnaweek’ as u wil, by gebrek aan beter woorde.

9.                  Dis noodsaaklik dat ons ook die nisvoertuigmark betrek en daar behoort ‘n afsonderlike program gereël word sodat hierdie voertuie nie op rowwer 4X4-roetes beskadig word nie. 

10.              Hierdie vernuwingsidees dra die goedguns weg van ons hoofborge en ons hoop om ‘n publisiteitveldtog te loods sodat ‘n groter deel van die algemene publiek wat nie in modder of deur slote wil ry nie, ook by die Jamboree betrek word.

Soos u sien, verwag ons om aan u ‘n beter byeenkoms te bied wat almal meer gaan geniet. Daar is baie grondwerk wat gedoen moet word, maar ons het ‘n asemhaalperiode wat tyd inruim om gedagtes rond te gooi en planne in plek te kry.

Omdat u reeds vir die jamboree ingeskryf en inskrywingfooie betaal het, sal ons op u versoek hierdie fooie terugbetaal. Alternatiewelik sou ons waardeer om u inskrywing en plek te laat oorstaan tot volgende jaar, ongeag fooie vir die ‘nuwe’ Jamboree.

Ons wil nie aan die sukses van ‘n gevestigde wenresep torring nie. Ons poog om nuwe lewe, meer aktiwiteite en hopelik meer borge te bereik en om die byeenkoms uit te brei tot ‘n gevestigde jaarlikse instelling sodat u kinders in u ore kerm om hierdie naweek by te woon.

Dit is ons strewe.

Met vriendelike groete,

Deon Kok

Voorsitter: ATV-Organisasie

2008-07-07     Dear Competitor,

2008 TOYOTA RUST DE WINTER JAMBOREE

Thank you for your entry to the Jamboree. We highly value your participation as we strive to improve the event to the benefit of us all.

The ATV Organisation has, after intensive discussions as well as pressure from our sponsors, decided to change the timing of this event from the traditional long weekend in September to the summer season, and we are obviously considering possibilities around public holidays.

This is a major decision for our Club with serious financial implications. However, an official date will be confirmed and this information will be conveyed to you at our earliest convenience. We trust you will share our views in this change and will support our goals towards a better event.

Several reasons have been taken into consideration for this change.

1.                  The Jamboree is a weekend for families with activities for adults as well as kids who are able to run ‘wild’ and safely in the sun.

2.                  The public holiday in September is on a Wednesday this year. A normal weekend is too short for all our usual activities and this will have a negative effect on attendance and participation of the event.

3.                  We may run into a shortage of marshals considering the number of officials required for the event, as not everyone is in a position to take extra days leave for its duration.

4.                  The bushveld and surroundings are in its worst possible condition, being at the end of the winter season. Fires destroyed large areas, while roads are unbearably dusty after the long period without rain. 

5.                  We have a serious shortage of water and camping areas can not be irrigated before the event. Visitors erect camp sites in dust and thorns, and these conditions are not enjoyable for too many of us.

6.                  During March or April we are on another planet. The bushveld is lush, campsites are covered with green grass and trees have leaves.

7.                  The better climate should attract considerably more participants, as well as visitors, wishing to stay for the duration of the weekend. 

8.                  We need to increase camp activities for visitors, creating a ‘carnival/festive/fun’ atmosphere and an enjoyable weekend for all.

9.                  We have to incorporate the most important SUV market and develop a separate programme for them, which will not damage these softer off-road vehicles on extreme 4X4 routes.

10.              Our main sponsors support these new ideas and we plan to run a publicity campaign to attract new visitors to the Jamboree, over and above those who wish to play in mud and rivers.

As you can see, we are trying to present you with a better event to be enjoyed by everyone. Many ideas and plans have to be discussed, and we have time to get these in place before the next Jamboree.

As you have entered and paid your fees for the Jamboree, we will refund your fees on request. Alternatively, we would appreciate extending your entry and starting position until next year, irrespective of the entry fee for this event.

Furthermore, we have no plans to change the concept of the Jamboree We strive to make it better, have more activities and sponsors and establish the event as an annual holiday weekend to the extent that your kids nag in your ears and reminding you of its happening.

That is our vision.

With warmest regards,

Deon Kok

Chairman: ATV-Organisation