|
|
KONSTITUSIE
VAN DIE
4X4 ATV ORGANISASIE 2007/8DEEL
EEN
Die
naam van hierdie organisasie sal die "4X4 ATV Organisasie" wees,
hierna verwys as die "Organisasie".
2.
DOELSTELLINGS
EN OOGMERKE VAN DIE ORGANISASIE Die
hoofdoelstellings en oogmerke van die Organisasie is die volgende: 2.1
Om
die eienaars van alle vierwielaangedrewe voertuie aan te moedig en te koördineer
in 'n vereniging van vierwiel entoesiaste. 2.2
Om
funksies te reël en te hou, soos plesierritte, saamtrekke, ens. waartydens lede
opgelei en aangemoedig sal word om hul vierwielvoertuie korrek te gebruik. 2.3
Om
veiligheid te bevorder deur nakoming van die Wet op Padverkeer, en
ge-paardgaande Regulasies en enige verdere wysiging aan die wet soos dit mag
verander van tyd-tot-tyd; om by te dra tot die beskerming van natuurlike
hulpbronne, soos land, water, bergwoude en wild. 2.4
Om
behulpsaam te wees deur die lede se voertuie beskikbaar te stel in die geval van
enige nasionale of plaaslike ramp wanneer daartoe versoek. 2.5
Om
fondse te genereer deur of ledegeld van lede te vorder, of anders om die
Organisasie effektief te bedryf en in die algemeen om by ander nie winsgewende
ondernemings betrokke te raak waarby 'n organisasie sonder winsoogmerke betrokke
mag raak. 2.6
Om
eiendom te huur of te bekom. 2.7
2.8
Die
Organisasie sal onpartydig, nie-polities en van nie-winsgewende aard wees. 3.
SPESIALE
VOORWAARDES 3.1
Die
Organisasie sal nie geregtig wees om in specie of in natura van sy bates en/of
winste aan lede uit te deel nie. 3.2
Die
inkomste en eiendom van die Organisasie, wanneer verkry, sal slegs aangewend
word om die hoofdoelstellings van die Organisasie te verwesenlik. Geen deel
daarvan sal direk of indirek by wyse van bonus of andersins betaal of oorgedra
word aan die lede van die Organisasie nie; met die voorbehoud dat niks hierin
gemeld sal verhoed dat die betaling in goeie trou van 'n redelike vergoeding aan
enige beampte of werknemer van die Organisasie of aan 'n lid daarvan vir dienste
wat in werklikheid vir die Organisasie uitgevoer is te betaal. 3.3
Geen
lid van die Organisasie sal hom skuldig maak aan die gebruik van die Organisasie
vir eie persoonlike voordeel nie. 4.
AANSPREEKLIKHEID
VAN LEDE Elke lid onderneem om by te dra tot die bates van die Organisasie in die geval van die ontbinding van die Organisasie terwyl so 'n persoon lid van die Organisasie is of 'n tydperk van 'n jaar daarna; vir die betaling van skulde en laste van die Organisasie aangegaan voordat hy opgehou het om 'n lid van die Organisasie te wees en van die koste en regte van die bydraes onderling tot 'n maksimum van R2,00 (Twee Rand). Die aanspreeklikheid van lede is beperk tot voormelde bedrag. KONSTITUSIE
VAN DIE
4X4 ATV ORGANISASIE 2007/8DEEL
TWEE
1.
WOORDVERKLARINGS 1.1
In
hierdie gedeelte beteken "die seël" die algemene seël van die
Organisasie; 1.2
"Die
Kleure" beteken die algemene kleure van die Organisasie, t.w. groen en
geel; 1.3
"Die
Sekretaris" beteken enige persoon wat aangewys is om die sekretariële
funksies van die Organisasie uit te voer; 1.4
"Die
Republiek" beteken die Republiek van Suid-Afrika; 1.5
"Lid"
beteken 'n lid wat ten volle opbetaal is met sy ledegelde en teen wie daar geen
disiplinêre aksie aanhangig is nie; 1.6
“Gesinslede”
beteken die lid, sy vrou en kinders onder die ouderdom van 18 jaar, mits die lid
kan bewys dat die kind nog ‘n
student is en ‘n afhanklike van die lid is of vrygestel is ingevolge ‘n
besluit van die Bestuurskomitee; 1.7
"Die
bestuurskomitee" beteken die komitee waarna verwys word in hierdie deel; 1.8
"Die
Sub-Komitees" beteken daardie komitees wat deur die bestuurskomitee
aangestel word om spesifieke take uit te voer; 1.9
Waar
na die manlike geslag verwys word, sal dit ook die vroulike geslag insluit.
Uitdrukkings wat na die geskrewe verwys sal, tensy die teendeel blyk, vertolk
word dat dit ook verwys na drukwerk, litografie en ander metodes om woorde in 'n
sigbare vorm te reproduseer of voor te stel; 1.10
Tensy
die inhoud andersins aantoon, sal woorde of uitdrukkings in hierdie deel vervat
die betekenis hê wat normaalweg (gewoonlik) aan sulke woorde of uitdrukkings
geheg word. 2.
LEDETAL 2.1
Daar
sal geen beperking op die maksimum aantal lede van die Organisasie wees nie. 2.2
Daar
sal egter 'n minimum lede getal ten alle tye wees, van nie minder nie as 40
(veertig) lede. 3.
LIDMAATSKAP
EN SOORTE LIDMAATSKAP 3.1
Die
Organisasie is 'n vereniging van lede en sal bestaan uit die volgende kategorieë
lede; 3.1.1
enige
lid wat ‘n lid van die 4X4 ATV Organisasie is; 3.1.2
enige
lid van ‘n klub of organisasie wat by die 4X4 ATV Organisasie geaffilieer is; 3.1.3
enige
ander persoon wat aansoek doen vir toelating en deur die Bestuurskomitee
toegelaat word; en 3.1.4
enige
ere, wedersydse of tydelike lid soos hierna uiteengesit of wat die
Bestuurskomitee van tyd-tot-tyd mag aanstel en wat vrygestel is van die
vereistes van lidmaatskap soos hieronder uiteengesit. 4.
VEREISTES
VIR LIDMAATSKAP 4.1
Lede
sal daardie lede wees wat 'n vierwielaangedrewe voertuig besit. 4.2
Ge-affilieerde
lede sal lede van ander klubs, verenigings of organisasies wees met wie hierdie
Organisasie 'n wedersydse ooreenkoms het. 5.
KWALIFIKASIE
VIR LIDMAATSKAP Die
vereistes is as volg: 5.1
Alle
applikante moet 18 (agtien) jaar of ouer wees en in besit wees van 'n geldige
bestuurderslisensie. 5.2
Die
applikante moet die vereistes wat deur die Bestuurskomitee gestel is of gestel
word, bevredig. Hierdie vereistes
sal deur die Bestuurskomitee bepaal word na hul diskresie.
Hulle
besluit in hierdie verband is finaal. 5.3
Betaling
van die intreebedrag en jaarlikse ledegeld sal gelyktydig en met die indiening
van die aansoek om lidmaatskap gedoen word. Sou die applikant as lid aanvaar
word, sal die Organisasie daarop geregtig wees om voormelde bedrag te behou.
Indien lidmaatskap geweier word, sal alle bedrae deur die applikant betaal, aan
hom terugbetaal word. Betaling
van voormelde bedrae word in Artikel 7 hieronder uiteengesit. 5.4
In
die geval van lede soos in Artikel 3.1.2 en 3.1.4 hierbo bepaal, sal die
volgende geld; by resolusie van die Bestuurskomitee, so 'n persoon toegelaat
word tot die voorreg van lidmaatskap terwyl hy betrokke is by enige funksie
en/of byeenkoms van die Organisasie of by die Organisasie se persele. 6.
AANSOEK
6.1
Aansoek
om lidmaatskap moet op die voorgeskrewe vorm gedoen word. Die
Bestuurskomitee mag die vorm van tyt-tot-tyd wysig. 6.2
Aansoeke
vir lidmaatskap moet onderteken wees deur 'n lid van die Organisasie. 6.3
Publikasie
van die name en besonderhede van sodanige applikante moet in die Organisasie se
nuusbrief gepubliseer word. 6.4
Bestaande
lede het 30(dertig) dae na sodanige publikasie tyd om skriftelik beswaar te maak
teen sodanige applikant se lidmaatskap. 7.
TOETREEGELDE
EN JAARLIKSE LEDEGELD 7.1
Daar
sal 'n intreebedrag soos van tyd-tot-tyd deur die Bestuurskomitee bepaal, wees
vir elke nuwe lid. Hierdie bedrag sal betaalbaar wees wanneer aansoek gedoen
word. 7.2
Daar
sal 'n jaarlikse ledegeld wees, soos van tyd-tot-tyd deur die Bestuurskomitee
bepaal, wat deur alle lede jaarliks vooruitbetaalbaar is. Hierdie
Artikel is egter onderhewig aan die bepalings van Artikel 8.3 en 9 wat daarmee
saamgelees moet word sovêr dit van toepassing is. Betaling moet binne twee
maande na die vervaldatum geskied. Die vervaldatum is die laaste dag van Oktober
van elke jaar. Finale afsny datum is einde Januarie waarna die lid sy
lidmaatskap outomaties sal verbeur as die jaar geld vir die volgende jaar nog
nie ontvang is nie en sal die lid van vooraf weer moet aansoek doen om nuwe
lidmaatskap. 7.3
Die
Bestuurskomitee sal vrygestel word van jaargelde vir die jaar waarin hy op die
Bestuurskomitee dien. 7.4
‘n
Lid wat 60(sestig) jaar en ouer is sal slegs aanspreeklik wees vir 50(vyftig)
persent van die jaargeld soos in artikel 7.2 hierbo bepaal word. 8.
DISKWALIFIKASIE
VAN LEDE 8.1
Enige
lid wat nie sy ledegeld, soos in Artikel 7.2 bepaal, betaal het nie se
lidmaatskap sal outomaties opgeskort word. 8.2
Enige
lid wat nie sy ledegeld vir twee agtereenvolgende jare betaal het nie kan by die
Bestuurskomitee aansoek doen om sy lidmaatskap te herstel, indien genoegsame
rede verskaf word en agterstallige bedrae betaal word tesame met 'n boete van
25% van die agterstallige bedrag. 8.3
Enige
lid wat sy jaarlikse ledegeld vooruitbetaal, is nie geregtig op die
terugbetaling van enige gedeelte daarvan indien hy sou bedank nie. In die geval
waar 'n lid bedank voor die betaling van sy jaarlikse ledegeld, bly so 'n lid
ten volle aanspreeklik vir die uitstaande bedrag tensy sy bedanking betyds
ontvang is soos in Artikel 9 bepaal. 8.4
Sou
die gedrag van enige lid, na die oordeel van die Bestuurskomitee, onbehoorlik,
onsportief of nadelig vir die belange van die Organisasie wees; of sou enige lid
hom skuldig maak aan aanstootlike gedrag; of die Reëls en Regulasies van die
Organisasie oortree; of in politieke argumente betrokke raak by
Organisasiefunksies en/of die Organisasiekaravaan en/of die Organisasie se
perseel; of daaraan skuldig bevind word dat hy die goeie naam en reputasie van
die Organisasie benadeel het deur swak gedrag of kwaadpratery; of soveel alkohol
ingeneem het dat sy gedrag te luidrugtig en/of oproerig en/of antagonisties is
teenoor medelede; of versuim om
beamptes en baanopsieners te gehoorsaam terwyl hulle besig is om hulle pligte
uit te voer of na die belange van die lede om te sien by funksies en/of
byeenkomste deur die Organisasie gereël, kan sodanige lid skriftelik gewaarsku
word. Indien so lid weer oortree kan so ‘n lid versoek word om voor die
Dissiplinêre Komitee te verskyn en sal na die diskresie van die Dissiplinêre
Komitee gewaarsku word, of vir 'n tydperk, of permanent geskors word, of
skriftelik deur die Voorsitter versoek word om te bedank.
Sou die lid versuim om binne 7 (sewe) dae na so 'n versoek te bedank, sal
die Dissiplinêre Komitee so 'n lid uit die Organisasie skors.
Die beslissing van die Dissiplinêre Komitee is finaal en bindend en 'n
lid wat uit die Organisasie geskors is, mag eers na afloop van 5(vyf) jaar weer
aansoek om lidmaatskap doen. 8.5
'n
Uitgesette lid is nie geregtig op die terugbetaling van die oorblywende deel van
sy ledegeld nie en is aanspreeklik vir enige gelde verskuldig aan die
Organisasie. 9.
BEDANKING
VAN LEDE Enige
lid wat sy lidmaatskap van die Organisasie wil beëindig, sal dit skriftelik aan
die Sekretaris bekend maak waarna sy naam van die ledelys verwyder sal word.
Dit sal beskou word dat hy bedank het op voorwaarde dat 60 (sestig) dae
kennis van sy bedanking gegee is en voorts dat sy bedankingsdatum ooreenstem met
die beëindiging van sy jaarlikse lidmaatskap.
Vir
die doeleindes van hierdie Artikel sal jaarlikse lidmaatskap beskou word as 12
(twaalf) agtereenvolgende kalendermaande beginnende op die eerste dag van
November elke jaar. 10.
REGTE
VAN LEDE 10.1
Al
die gesinslede van 'n lid is geregtig om die fasiliteite en geriewe van die
Organisasie te gebruik. 10.2
Sodra
'n lid se lidmaatskap goedgekeur is, sal hy 'n bewys van lidmaatskap ontvang, 'n
kopie van die konstitusie en ander toepaslike literatuur wat die Organisasie
beskikbaar het vir sy lede op daardie tydstip. 10.3
Alle
lede sal geregtig wees om die Algemene Jaarvergadering by te woon en om deel te
neem aan die aangeleenthede waaroor besluit moet word by die Algemene
Jaarvergadering. 10.4
Alle
lede sal die reg hê om te stem by die Algemene Jaarveragdering.
Vir hierdie doel sal elke lid slegs op een stem geregtig wees. 10.5
Alle
lede mag in hulle diskresie een of meer gaste nooi om enige Organisasie funksie
of byeenkoms by te woon op voorwaarde dat :- 10.5.1
dit
die verantwoordelikheid van sodanige lid is om te verseker dat die gaste nie vir
enige drank, voedsel of verversings betaal nie en die lid persoonlik vir die
betaling van sodanige items aanspreeklik is by Organisasie persele; 10.5.2
dat
sodanige lid verantwoordelik bly vir die gedrag van sy gaste;
en 10.5.3
dat
die lid betaal vir sy gaste se toegang by sodanige funksies of byeenkomste. 10.6
Geen
reg of voorreg van 'n lid is op enige wyse oordraagbaar nie, maar al sodanige
regte en voorregte verval wanneer die lid se lidmaatskap verval hetsy weens
dood, bedanking of andersins. 10.7
Elke
lid is verplig om skriftelik sy adresverandering, waarheen kennisgewings gestuur
kan word, by die Sekretaris te registreer en indien enige lid nalaat om dit te
doen, sal aanvaar word dat hy instem dat sodanige kennisgewing aan die adres in
sy aansoekvorm gemeld, gestuur mag word. 11.
ERELIDMAATSKAP
11.1
Erelidmaatskap
sal aan lede toegeken word indien hulle aan die onderstaande vereistes voldoen: 11.1.1
ten
volle opbetaal en in goeie naam is vir tien agtereenvolgende jare; 11.1.2
vir
'n tydperk van 10 (tien) of meer jaar op die Bestuurskomitee gedien het en
waarvan 5 (vyf) jaar agtereenvolgende jare was;
11.2
'n
Lid wat aansoek wil doen vir die toekenning moet skriftelik aansoek doen by die
Bestuurskomitee. 12.
LEDELYS 12.1
Die
Sekretaris sal te alle tye 'n register van lede byhou by die perseel van die
Organisasie. Die register sal te alle tye ter insae van enige lid beskikbaar
wees. 12.2
Dit
sal die plig van die Bestuurskomitee wees om toe te sien dat die register
maandeliks bygehou word. 13.
ALGEMENE
VERGADERINGS 13.1
ALGEMENE
JAARVERGADERING 13.1.1
Die
Organisasie sal gedurende elke jaar 'n algemene vergadering hou, wat as die
Algemene Jaarvergadering bekend sal staan, bykomend tot enige ander vergaderings
wat gedurende die jaar gehou mag word en sal die vergadering as sodanig aantoon
in enige kennisgewings wat die vergadering aankondig.
Algemene Jaarvergaderings sal nie later as ses weke na afloop van die
finansiële jaar gehou word nie. Die
finansiële jaar sal strek tot aan die einde van Oktober elke jaar. 13.1.2
Die
Algemene Jaarvergadering sal by die Organisasie se perseel gehou word of by
sodanige ander plek as wat die Bestuurskomitee van tyd-tot-tyd besluit. 13.2
BUITENGEWONE
VERGADERINGS Alle
algemene vergaderings anders as die Algemene Jaarvergadering sal as
”buitengewone vergaderings” bekend staan. 13.3
BUITENGEWONE
VERGADERINGS Die
Bestuurskomitee mag, wanneer dit nodig geag word of op skriftelike versoek van
enige 4 (vier) of meer lede van die Bestuurskomitee of 10 (tien) of meer lede,
'n buitengewone vergadering byeenroep of indien die Bestuurskomitee nalaat om
dit te doen mag sodanige vergadering deur diegene wat die versoek gerig het,
byeengeroep word. Die
applikante moet die versoek skriftelik indien. Die mosies wat bespreek en op
gestem moet word moet ook duidelik in die versoek vervat word. 13.4
VERSOEK
VIR VERGADERINGS Enige
versoek gerig deur die Bestuurskomitee of deur lede, sal die doel van die
vergadering aantoon en sodanige versoek sal aan die Sekretaris beskikbaar gestel
word. 13.5
VERGADERING
GEHOU TE WORD OP VERSOEK By
ontvangs van so 'n versoek deur die Bestuurskomitee sal die Sekretaris die
Bestuurskomitee sonder versuim versoek om 'n buitengewone vergadering byeen te
roep. Die lede van die Organisasie moet 14 (veertien) dae kennis ontvang van
sodanige buitengewone vergadering. Indien die Bestuurskomitee nie binne 30
(dertig) dae na datum van die versoek kennis aan die lede gee dat die
buitengewone vergadering bele is nie, mag die applikante self so 'n vergadering
byeenroep. 13.6
DISSIPLINêRE
EN BESTUURSKOMITEEVERGADERINGS Bestuurskomiteevergaderings
sal daardie wees wat maandeliks gehou word om die Organisasie se bedrywighede te
bestuur en dissiplinêre vergaderings sal daardie wees wat byeengeroep word deur
die Bestuurskomitee om aan dissiplinêre aangeleenthede aandag te gee. 13.7
KENNISGEWING
VAN VERGADERINGS Ten
minste 30 (dertig) dae voor elke vergadering moet kennis daarvan tesame met die
plek, datum en tyd van die vergadering en in geval van 'n spesiale aspek, ook
die algemene aard daarvan, aan die Bestuurskomitee en lede op die wyse hierna
uiteengesit, gegee word of op sodanige ander wyse, indien enige, as wat deur die
Organisasie by 'n algemene vergadering besluit is.
Die toevallige versuim om sodanige kennis te gee of die nie-ontvangs
daarvan deur enige lid van die Bestuurskomitee of enige ander lid sal nie die
verrigtinge van 'n Algemene Vergadering ongeldig maak nie. Die
kennisgewingstydperk in die geval van 'n dissiplinêre verhoor is 10 (tien) dae
en 'n bestuurskomiteevergadering, 24 (vier-en-twintig) uur. 14.
VERRIGTINGE
BY ALGEMENE VERGADERINGS 14.1
SPESIALE
AANGELEENTHEDE Alle
verrigtinge sal as spesiaal beskou word, d.i. wat by 'n Buitengewone Vergadering
plaasvind, met uitsluiting van die oorweging van die finansiële state en die
gewone verslae van die Bestuurskomitee asook die verslag van die Ouditeure, die
verkiesing van lede vir die Bestuurskomitee in die plek van lede wat aftree
asook die aanstelling en betaling van die Ouditeure. 14.2
KWORUM Geen
verrigtinge van enige vergadering behalwe 'n Bestuurskomiteevergadering sal
plaasvind tensy ten minste 80% van die lede van die uittredende Bestuurskomitee
en 25 lede teenwoordig is by die aanvang van die verrigtinge nie.
In geval van 'n Bestuurskomiteevergadering is 'n kworum 60% van al die
bestuurslede. 14.3
GEEN
KWORUM TEENWOORDIG Indien
daar 'n halfuur na die tyd bepaal vir die vergadering nie 'n kworum teenwoordig
is nie, sal die vergadering, indien op versoek van lede van die Bestuurskomitee
of op versoek van die lede teenwoordig, ontbind word.
In enige ander geval sal die vergadering verdaag word tot dieselfde dag
die volgende week, op dieselfde tyd en by dieselfde plek en indien daar by
sodanige vergadering wat verdaag is, geen kworum teenwoordig is nie, sal die
vergadering sine die verdaag word. 14.4
VOORSITTER Die
Voorsitter, of in sy afwesigheid, die Onder-voorsitter sal voorsit by elke
Algemene Vergadering van die Organisasie. 14.5
GEKOSE
VOORSITTER Indien
nie een van die Voorsitter of Onder-voorsitter teenwoordig is ten tye van die
hou van 'n vergadering nie, sal die lede van die Bestuurskomitee en ander lede
teenwoordig, 'n persoon uit hulle geledere kies om as voorsitter op te tree. 14.6
VERDAGING Die
Voorsitter mag met die instemming van die vergadering 'n vergadering van
tyd-tot-tyd en van plek-tot-plek verdaag maar geen ander aspekte mag by so 'n
uitgestelde vergadering bespreek word anders as die onafgehandelde verrigtinge
van die uitgestelde vergadering nie. 14.7
BESLUITE By
enige Algemene Vergadering, tensy 'n stemming aangevra word deur ten minste 4
(vier) lede van die Bestuurskomitee of 25 (vyf-en-twintig) van die lede, sal 'n
verklaring deur die Voorsitter dat 'n besluit goedgekeur is en 'n inskrywing in
hierdie verband in die register van verrigtinge, voldoende bewys daarvan wees. 14.8
STEMPROSEDURE Indien
'n stemming vereis word soos hierbo aangetoon sal dit op die wyse en tyd soos
deur die Voorsitter bepaal uitgevoer word en sal die uitslag van sodanige
stemming aanvaar word as 'n besluit van die Organisasie-in-Algemene-Vergadering.
'n Stemming vir die verkiesing van 'n Voorsitter of lede van die Bestuurskomitee
vir die daarvolgende jaar sal, op die wyse in Artikel 14.9 en 14.11 voorgeskryf,
uitgevoer word en voorts sal die stemming om 'n versoek om verdaging onmiddellik
uitgevoer word. 'n
Versoek vir 'n stemming mag teruggetrek word. 14.9
STEMME 14.9.1
Elke
lid van die Bestuurskomitee en elke ander lid het een stem en niks meer
nie. Lede moet egter in
persoon die vergadering bywoon om die reg te he om te kan stem. In geval van 'n
staking van stemme, of deur die wys van hande of deur stemming, sal die
Voorsitter van die vergadering op 'n tweede of beslissende stem geregtig wees. 14.9.2
Wedersydse
of tydelike lede het geen stemreg nie. 14.10
LEDEGELD
EN WYSIGING VAN DIE KONSTITUSIE 14.10.1
Die
Bestuurskomitee sal geregtig wees om die ledegeld deur alle lede betaalbaar van
tyd-tot-tyd te wysig. Die verhoging moet tydens die Algemene Jaarvergadering
bekend gemaak en goedgekeer word. 14.10.2
Die
Algemene Jaarvergadering sal geregtig wees om die konstitusie van tyd-tot-tyd te
wysig. 14.11
VERKIESING
VAN VOORSITTER EN BESTUURSKOMITEELEDE, UITGESONDERD EX OFFICIO LEDE Die
verkiesing van die Voorsitter en Bestuurskomiteelede, uitgesonderd die ex
officio lede, sal deur geheime stem geskied soos in Artikel 15 uiteengesit. 14.12
NOTULE Die
Sekretaris van die Bestuurskomitee moet notule hou in die boeke voorsien vir die
doel :- 14.12.1
van
die aanstelling van beamptes soos deur die Bestuurskomitee besluit; 14.12.2
van
die name van die Bestuurskomiteelede teenwoordig by elke vergadering van die
Bestuurskomitee of Sub-komitee of Dissiplinêre komitee en van enige komitee van
die Bestuurskomitee; en 14.12.3
van
alle besluite en verrigtinge by alle vergaderings van die Organisasie en van die
Sub-komitees van die Bestuurskomitee en elke lid van die Bestuurskomitee
teenwoordig by enige vergadering van die Bestuurskomitee of 'n komitee van die
Bestuurskomitee moet sy naam teken in 'n boek wat vir hierdie doel bygehou moet
word. 15.
BESTUURSKOMITEE 15.1
SAMESTELLING 15.1.1
Die
Bestuurskomitee sal uit minimum 6 (ses) en maksimum 12 (twaalf) lede bestaan en
sal soos volg saamgestel word :- 15.1.1.1
Dit
sal bestaan uit 'n Voorsitter wat nie vir meer as 3 agtereenvolgende jare mag
dien nie. 'n Sekretaris en 'n Tesourier en soveel ander lede van die Organisasie
wat gekies word. 15.1.1.2
Die
Bestuurskomitee mag verder uit 2 (twee) nominasies ex officio lede bestaan wat
deur die meerderheidsstem van die verkose Bestuurskomiteelede genomineer word.
Die persone verkies op hierdie wyse hoef nie lede van die Organisasie te
wees nie en word uitsluitlik vir hul gespesialiseerde professie of kennis
aangewys, bv. ouditeur, prokureur, bemarking, ens. 15.2
VOORSITTER Die
Voorsitter sal jaarliks vir 'n termyn van 1 (een) jaar gekies word of in 'n
verdere termyn van een jaar indien hy bereid is om voort te gaan; met die
voorbehoud dat hy nie vir meer as drie agtereenvolgende jare gekies mag word
nie. 15.3
ONDER-VOORSITTER,
SEKRETARIS, TESOURIER EN ANDER LEDE VAN DIE BESTUURSKOMITEE Die
Onder-voorsitter, Sekretaris, Tesourier en ander lede van die Bestuurskomitee
sal jaarliks deur die Voorsitter in oorleg met die pas gekose Bestuurskomitee
aangewys word en sal aan die einde van hul jaar van diens weer aangewys kan
word, indien hulle weer deur die Algemene Jaarvergadering tot die
Bestuurskomitee verkies word. 15.4
WIE
TOT DIE BESTUURSKOMITEE EN AS VOORSITTER VERKIES MAG WORD 15.4.1
Alle
lede van die Organisasie wat vir ten minste 2 (twee) jaar 'n lid van die
Organisasie is mag tot die Bestuurskomitee verkies word, op voorwaarde dat die
lid nie na aanleiding van die besigheid wat hy/sy bedryf of die beroep wat hy/sy
beoefen, na die diskresie van die Bestuurskomitee, teenstrydig met die
Organisasie se doelstellings kan optree of die Organisasie in ‘n posisie kan
plaas waar die lede en/of buitestaanders die Organisasie verantwoordelik mag hou
vir die aksies van sodanige lid nie. 15.4.2
Die
vereiste dat die lede vir (2) twee jaar lede van die Organisasie moet wees voor
verkiesing tot die Bestuurskomitee, kan voor verkiesing tot die Bestuurskomitee
van afgesien word op die volgende voorwaardes :- 15.4.2.1
dat
die Organisasielede wat die voorstel maak en sekondeer van mening is dat so 'n
lid 'n bate vir die Bestuurskomitee sal wees; 15.4.2.2
dat
die uitgaande Bestuurskomitee sy nominasie goedkeur; 15.4.2.3
dat
die omstandighede waarom hy in die Bestuurskomitee aangestel behoort te word aan
die lede teenwoordig by die Algemene Jaarvergadering verduidelik is; 15.4.2.4
dat
die Algemene Jaarvergadering bereid is om van die 2 (twee) jaar vereiste af te
sien; en 15.4.2.5
dat
hy behoorlik verkies is volgens 'n stemprosedure soos hierna uiteengesit word; 15.5
AANSTELLING
VAN EX OFFICIO LEDE Ex
officio aanstellings sal deur die gekose Bestuurskomitee op grond van die
voorgestelde persoon se kwalifikasies en sodanige diens wat hy aan die
Bestuurskomitee kan aanbied, gemaak word. 15.6
PROSEDURE
VIR DIE VERKIESING VAN DIE VOORSITTER, BESTUURS-KOMITEE 15.6.1
Die
Voorsitter en Sekretaris sal so spoedig moontlik na die 15de Oktober, maar nie
later nie as die laaste dag van Oktober van die jaar waarvoor hulle aangestel is
in hulle poste, 'n lys saamstel van die moontlike kandidate vir nominasie in
poste op die Bestuurskomitee vir die volgende termyn.
Hulle sal daarvoor verantwoordelik wees om enige ander verkiesbare lid
wat behoorlik en korrek voorgestel en gesekondeer is deur ander Organisasielede
tot die lys toe te voeg. 15.6.2
Sou
daar enige verdere nominasies deur Organisasielede wees onmiddellik voor die
verkiesing van die Bestuurskomitee moet sodanige genomineerdes se name, indien
hulle behoorlik voorgestel en gesekondeer is, tot die lys van moontlike
kandidate vir die Bestuurskomitee gevoeg word. 15.6.3
Die
Voorsitter mag slegs deur uitgaande Bestuurskomiteelede voorgestel en
gesekondeer word maar sy verkiesing moet deur 'n meerderheid van stemme deur 'n
geheime stemming bevestig word. Bestuurskomiteelede
mag slegs as kandidate vir die Voorsitterskap genomineer word indien hulle reeds
drie jaar op die Bestuurskomitee gedien het. 15.6.4
By
die Algemene Jaarvergadering waar die verkiesing van die Voorsitter en
Bestuurskomiteelede moet plaasvind, sal die Bestuurskomitee 'n
verkiesingsbeampte aanwys wat bygestaan sal word deur die uittredende Voorsitter
en Sekretaris, wie se verantwoordelikheid dit is om te verseker dat die korrekte
stemprosedure gevolg word en dat daar aan die vereistes van die konstitusie
voldoen word. Die
Verkiesingsbeampte moet verkieslik waar moontlik uit die geledere van die ex
officio lede aangestel word, indien dit nie moontlik is nie, moet die langs
dienende lid aangewys word, indien hy nie beskikbaar is nie dan die uittredende
Voorsitter van die Organisasie. 15.6.5
Dit
is die verkiesingsbeampte se plig om:- 15.6.5.1
Die
name van die moontlike kandidate vir die Voorsitterskap, hulle voorstellers en
sekondante uit te lees. |