KONSTITUSIE
VAN DIE
4X4
ATV ORGANISASIE 2006/7
DEEL
TWEE
1.
WOORDVERKLARINGS
1.1
In
hierdie gedeelte beteken "die seël" die algemene seël
van die Organisasie;
1.2
"Die
Kleure" beteken die algemene kleure van die Organisasie, t.w.
groen en geel;
1.3
"Die
Sekretaris" beteken enige persoon wat aangewys is om die
sekretariële funksies van die Organisasie uit te voer;
1.4
"Die
Republiek" beteken die Republiek van Suid-Afrika;
1.5
"Lid"
beteken 'n lid wat ten volle opbetaal is met sy ledegelde en teen
wie daar geen disiplinêre aksie aanhangig is nie;
1.6
“Gesinslede”
beteken die lid, sy vrou en kinders onder die ouderdom van 18 jaar,
mits die lid kan bewys dat die kind nog
‘n student is en ‘n afhanklike van die lid is of
vrygestel is ingevolge ‘n besluit van die Bestuurskomitee;
1.7
"Die
bestuurskomitee" beteken die komitee waarna verwys word in
hierdie deel;
1.8
"Die
Sub-Komitees" beteken daardie komitees wat deur die
bestuurskomitee aangestel word om spesifieke take uit te voer;
1.9
Waar
na die manlike geslag verwys word, sal dit ook die vroulike geslag
insluit. Uitdrukkings wat na die geskrewe verwys sal, tensy die
teendeel blyk, vertolk word dat dit ook verwys na drukwerk,
litografie en ander metodes om woorde in 'n sigbare vorm te
reproduseer of voor te stel;
1.10
Tensy
die inhoud andersins aantoon, sal woorde of uitdrukkings in hierdie
deel vervat die betekenis hê wat normaalweg (gewoonlik) aan sulke
woorde of uitdrukkings geheg word.
2.
LEDETAL
2.1
Daar
sal geen beperking op die maksimum aantal lede van die Organisasie
wees nie.
2.2
Daar
sal egter 'n minimum lede getal ten alle tye wees, van nie minder
nie as 40 (veertig) lede.
3.
LIDMAATSKAP
EN SOORTE LIDMAATSKAP
3.1
Die
Organisasie is 'n vereniging van lede en sal bestaan uit die
volgende kategorieë lede;
3.1.1
enige
lid wat ‘n lid van die 4X4 ATV Organisasie is;
3.1.2
enige
lid van ‘n klub of organisasie wat by die 4X4 ATV Organisasie
geaffilieer is;
3.1.3
enige
ander persoon wat aansoek doen vir toelating en deur die
Bestuurskomitee toegelaat word; en
3.1.4
enige
ere, wedersydse of tydelike lid soos hierna uiteengesit of wat die
Bestuurskomitee van tyd-tot-tyd mag aanstel en wat vrygestel is van
die vereistes van lidmaatskap soos hieronder uiteengesit.
4.
VEREISTES
VIR LIDMAATSKAP
4.1
Lede
sal daardie lede wees wat 'n vierwielaangedrewe voertuig besit.
4.2
Ge-affilieerde
lede sal lede van ander klubs, verenigings of organisasies wees met
wie hierdie Organisasie 'n wedersydse ooreenkoms het.
5.
KWALIFIKASIE
VIR LIDMAATSKAP
Die
vereistes is as volg:
5.1
Alle
applikante moet 18 (agtien) jaar of ouer wees en in besit wees van
'n geldige bestuurderslisensie.
5.2
Die
applikante moet die vereistes wat deur die Bestuurskomitee gestel is
of gestel word, bevredig. Hierdie
vereistes sal deur die Bestuurskomitee bepaal word na hul diskresie.
Hulle
besluit in hierdie verband is finaal.
5.3
Betaling
van die intreebedrag en jaarlikse ledegeld sal gelyktydig en met die
indiening van die aansoek om lidmaatskap gedoen word. Sou die
applikant as lid aanvaar word, sal die Organisasie daarop geregtig
wees om voormelde bedrag te behou. Indien lidmaatskap geweier word,
sal alle bedrae deur die applikant betaal, aan hom terugbetaal word.
Betaling
van voormelde bedrae word in Artikel 7 hieronder uiteengesit.
5.4
In
die geval van lede soos in Artikel 3.1.2 en 3.1.4 hierbo bepaal, sal
die volgende geld; by resolusie van die Bestuurskomitee, so 'n
persoon toegelaat word tot die voorreg van lidmaatskap terwyl hy
betrokke is by enige funksie en/of byeenkoms van die Organisasie of
by die Organisasie se persele.
6.
AANSOEK
OM
LIDMAATSKAP
6.1
Aansoek
om lidmaatskap moet op die voorgeskrewe vorm gedoen word. Die
Bestuurskomitee mag die vorm van tyt-tot-tyd wysig.
6.2
Aansoeke
vir lidmaatskap moet onderteken wees deur 'n lid van die
Organisasie.
6.3
Publikasie
van die name en besonderhede van sodanige applikante moet in die
Organisasie se nuusbrief gepubliseer word.
6.4
Bestaande
lede het 30(dertig) dae na sodanige publikasie tyd om skriftelik
beswaar te maak teen sodanige applikant se lidmaatskap.
7.
TOETREEGELDE
EN JAARLIKSE LEDEGELD
7.1
Daar
sal 'n intreebedrag soos van tyd-tot-tyd deur die Bestuurskomitee
bepaal, wees vir elke nuwe lid. Hierdie bedrag sal betaalbaar wees
wanneer aansoek gedoen word.
7.2
Daar
sal 'n jaarlikse ledegeld wees, soos van tyd-tot-tyd deur die
Bestuurskomitee bepaal, wat deur alle lede jaarliks
vooruitbetaalbaar is. Hierdie
Artikel is egter onderhewig aan die bepalings van Artikel 8.3 en 9
wat daarmee saamgelees moet word sovêr dit van toepassing is.
Betaling moet binne twee maande na die vervaldatum geskied. Die
vervaldatum is die laaste dag van Oktober van elke jaar. Finale
afsny datum is einde Januarie waarna die lid sy lidmaatskap
outomaties sal verbeur as die jaar geld vir die volgende jaar nog
nie ontvang is nie en sal die lid van vooraf weer moet aansoek doen
om nuwe lidmaatskap.
7.3
Die
Bestuurskomitee sal vrygestel word van jaargelde vir die jaar waarin
hy op die Bestuurskomitee dien.
7.4
‘n
Lid wat 60(sestig) jaar en ouer is sal slegs aanspreeklik wees vir
50(vyftig) persent van die jaargeld soos in artikel 7.2 hierbo
bepaal word.
8.
DISKWALIFIKASIE
VAN LEDE
8.1
Enige
lid wat nie sy ledegeld, soos in Artikel 7.2 bepaal, betaal het nie
se lidmaatskap sal outomaties opgeskort word.
8.2
Enige
lid wat nie sy ledegeld vir twee agtereenvolgende jare betaal het
nie kan by die Bestuurskomitee aansoek doen om sy lidmaatskap te
herstel, indien genoegsame rede verskaf word en agterstallige bedrae
betaal word tesame met 'n boete van 25% van die agterstallige
bedrag.
8.3
Enige
lid wat sy jaarlikse ledegeld vooruitbetaal, is nie geregtig op die
terugbetaling van enige gedeelte daarvan indien hy sou bedank nie.
In die geval waar 'n lid bedank voor die betaling van sy jaarlikse
ledegeld, bly so 'n lid ten volle aanspreeklik vir die uitstaande
bedrag tensy sy bedanking betyds ontvang is soos in Artikel 9
bepaal.
8.4
Sou
die gedrag van enige lid, na die oordeel van die Bestuurskomitee,
onbehoorlik, onsportief of nadelig vir die belange van die
Organisasie wees; of sou enige lid hom skuldig maak aan aanstootlike
gedrag; of die Reëls en Regulasies van die Organisasie oortree; of
in politieke argumente betrokke raak by Organisasiefunksies en/of
die Organisasiekaravaan en/of die Organisasie se perseel; of daaraan
skuldig bevind word dat hy die goeie naam en reputasie van die
Organisasie benadeel het deur swak gedrag of kwaadpratery; of soveel
alkohol ingeneem het dat sy gedrag te luidrugtig en/of oproerig
en/of antagonisties is teenoor medelede;
of versuim om beamptes en baanopsieners te gehoorsaam terwyl
hulle besig is om hulle pligte uit te voer of na die belange van die
lede om te sien by funksies en/of byeenkomste deur die Organisasie
gereël, kan sodanige lid skriftelik gewaarsku word. Indien so lid
weer oortree kan so ‘n lid versoek word om voor die Dissiplinêre
Komitee te verskyn en sal na die diskresie van die Dissiplinêre
Komitee gewaarsku word, of vir 'n tydperk, of permanent geskors
word, of skriftelik deur die Voorsitter versoek word om te bedank.
Sou die lid versuim om binne 7 (sewe) dae na so 'n versoek te
bedank, sal die Dissiplinêre Komitee so 'n lid uit die Organisasie
skors. Die beslissing
van die Dissiplinêre Komitee is finaal en bindend en 'n lid wat uit
die Organisasie geskors is, mag eers na afloop van 5(vyf) jaar weer
aansoek om lidmaatskap doen.
8.5
'n
Uitgesette lid is nie geregtig op die terugbetaling van die
oorblywende deel van sy ledegeld nie en is aanspreeklik vir enige
gelde verskuldig aan die Organisasie.
9.
BEDANKING
VAN LEDE
Enige
lid wat sy lidmaatskap van die Organisasie wil beëindig, sal dit
skriftelik aan die Sekretaris bekend maak waarna sy naam van die
ledelys verwyder sal word. Dit
sal beskou word dat hy bedank het op voorwaarde dat 60 (sestig) dae
kennis van sy bedanking gegee is en voorts dat sy bedankingsdatum
ooreenstem met die beëindiging van sy jaarlikse lidmaatskap.
Vir
die doeleindes van hierdie Artikel sal jaarlikse lidmaatskap beskou
word as 12 (twaalf) agtereenvolgende kalendermaande beginnende op
die eerste dag van November elke jaar.
10.
REGTE
VAN LEDE
10.1
Al
die gesinslede van 'n lid is geregtig om die fasiliteite en geriewe
van die Organisasie te gebruik.
10.2
Sodra
'n lid se lidmaatskap goedgekeur is, sal hy 'n bewys van lidmaatskap
ontvang, 'n kopie van die konstitusie en ander toepaslike literatuur
wat die Organisasie beskikbaar het vir sy lede op daardie tydstip.
10.3
Alle
lede sal geregtig wees om die Algemene Jaarvergadering by te woon en
om deel te neem aan die aangeleenthede waaroor besluit moet word by
die Algemene Jaarvergadering.
10.4
Alle
lede sal die reg hê om te stem by die Algemene Jaarveragdering.
Vir hierdie doel sal elke lid slegs op een stem geregtig
wees.
10.5
Alle
lede mag in hulle diskresie een of meer gaste nooi om enige
Organisasie funksie of byeenkoms by te woon op voorwaarde dat :-
10.5.1
dit
die verantwoordelikheid van sodanige lid is om te verseker dat die
gaste nie vir enige drank, voedsel of verversings betaal nie en die
lid persoonlik vir die betaling van sodanige items aanspreeklik is
by Organisasie persele;
10.5.2
dat
sodanige lid verantwoordelik bly vir die gedrag van sy gaste;
en
10.5.3
dat
die lid betaal vir sy gaste se toegang by sodanige funksies of
byeenkomste.
10.6
Geen
reg of voorreg van 'n lid is op enige wyse oordraagbaar nie, maar al
sodanige regte en voorregte verval wanneer die lid se lidmaatskap
verval hetsy weens dood, bedanking of andersins.
10.7
Elke
lid is verplig om skriftelik sy adresverandering, waarheen
kennisgewings gestuur kan word, by die Sekretaris te registreer en
indien enige lid nalaat om dit te doen, sal aanvaar word dat hy
instem dat sodanige kennisgewing aan die adres in sy aansoekvorm
gemeld, gestuur mag word.
11.
ERELIDMAATSKAP
11.1
Erelidmaatskap
sal aan lede toegeken word indien hulle aan die onderstaande
vereistes voldoen:
11.1.1
ten
volle opbetaal en in goeie naam is vir tien agtereenvolgende jare;
11.1.2
vir
'n tydperk van 10 (tien) of meer jaar op die Bestuurskomitee gedien
het en waarvan 5 (vyf) jaar agtereenvolgende jare was;
11.2
'n
Lid wat aansoek wil doen vir die toekenning moet skriftelik aansoek
doen by die Bestuurskomitee.
12.
LEDELYS
12.1
Die
Sekretaris sal te alle tye 'n register van lede byhou by die perseel
van die Organisasie. Die register sal te alle tye ter insae van
enige lid beskikbaar wees.
12.2
Dit
sal die plig van die Bestuurskomitee wees om toe te sien dat die
register maandeliks bygehou word.
13.
ALGEMENE
VERGADERINGS
13.1
ALGEMENE
JAARVERGADERING
13.1.1
Die
Organisasie sal gedurende elke jaar 'n algemene vergadering hou, wat
as die Algemene Jaarvergadering bekend sal staan, bykomend tot enige
ander vergaderings wat gedurende die jaar gehou mag word en sal die
vergadering as sodanig aantoon in enige kennisgewings wat die
vergadering aankondig. Algemene
Jaarvergaderings sal nie later as ses weke na afloop van die finansiële
jaar gehou word nie. Die
finansiële jaar sal strek tot aan die einde van Oktober elke jaar.
13.1.2
Die
Algemene Jaarvergadering sal by die Organisasie se perseel gehou
word of by sodanige ander plek as wat die Bestuurskomitee van
tyd-tot-tyd besluit.
13.2
BUITENGEWONE
VERGADERINGS
Alle
algemene vergaderings anders as die Algemene Jaarvergadering sal as
”buitengewone vergaderings” bekend staan.
13.3
BUITENGEWONE
VERGADERINGS
Die
Bestuurskomitee mag, wanneer dit nodig geag word of op skriftelike
versoek van enige 4 (vier) of meer lede van die Bestuurskomitee of
10 (tien) of meer lede, 'n buitengewone vergadering byeenroep of
indien die Bestuurskomitee nalaat om dit te doen mag sodanige
vergadering deur diegene wat die versoek gerig het, byeengeroep
word.
Die
applikante moet die versoek skriftelik indien. Die mosies wat
bespreek en op gestem moet word moet ook duidelik in die versoek
vervat word.
13.4
VERSOEK
VIR VERGADERINGS
Enige
versoek gerig deur die Bestuurskomitee of deur lede, sal die doel
van die vergadering aantoon en sodanige versoek sal aan die
Sekretaris beskikbaar gestel word.
13.5
VERGADERING
GEHOU TE WORD OP VERSOEK
By
ontvangs van so 'n versoek deur die Bestuurskomitee sal die
Sekretaris die Bestuurskomitee sonder versuim versoek om 'n
buitengewone vergadering byeen te roep. Die lede van die Organisasie
moet 14 (veertien) dae kennis ontvang van sodanige buitengewone
vergadering. Indien die Bestuurskomitee nie binne 30 (dertig) dae na
datum van die versoek kennis aan die lede gee dat die buitengewone
vergadering bele is nie, mag die applikante self so 'n vergadering
byeenroep.
13.6
DISSIPLINêRE
EN BESTUURSKOMITEEVERGADERINGS
Bestuurskomiteevergaderings
sal daardie wees wat maandeliks gehou word om die Organisasie se
bedrywighede te bestuur en dissiplinêre vergaderings sal daardie
wees wat byeengeroep word deur die Bestuurskomitee om aan dissiplinêre
aangeleenthede aandag te gee.
13.7
KENNISGEWING
VAN VERGADERINGS
Ten
minste 30 (dertig) dae voor elke vergadering moet kennis daarvan
tesame met die plek, datum en tyd van die vergadering en in geval
van 'n spesiale aspek, ook die algemene aard daarvan, aan die
Bestuurskomitee en lede op die wyse hierna uiteengesit, gegee word
of op sodanige ander wyse, indien enige, as wat deur die Organisasie
by 'n algemene vergadering besluit is.
Die toevallige versuim om sodanige kennis te gee of die
nie-ontvangs daarvan deur enige lid van die Bestuurskomitee of enige
ander lid sal nie die verrigtinge van 'n Algemene Vergadering
ongeldig maak nie. Die kennisgewingstydperk in die geval van 'n
dissiplinêre verhoor is 10 (tien) dae en 'n
bestuurskomiteevergadering, 24 (vier-en-twintig) uur.
14.
VERRIGTINGE
BY ALGEMENE VERGADERINGS
14.1
SPESIALE
AANGELEENTHEDE
Alle
verrigtinge sal as spesiaal beskou word, d.i. wat by 'n Buitengewone
Vergadering plaasvind, met uitsluiting van die oorweging van die
finansiële state en die gewone verslae van die Bestuurskomitee
asook die verslag van die Ouditeure, die verkiesing van lede vir die
Bestuurskomitee in die plek van lede wat aftree asook die
aanstelling en betaling van die Ouditeure.
14.2
KWORUM
Geen
verrigtinge van enige vergadering behalwe 'n
Bestuurskomiteevergadering sal plaasvind tensy ten minste 80% van
die lede van die uittredende Bestuurskomitee en 25 lede teenwoordig
is by die aanvang van die verrigtinge nie.
In geval van 'n Bestuurskomiteevergadering is 'n kworum 60%
van al die bestuurslede.
14.3
GEEN
KWORUM TEENWOORDIG
Indien
daar 'n halfuur na die tyd bepaal vir die vergadering nie 'n kworum
teenwoordig is nie, sal die vergadering, indien op versoek van lede
van die Bestuurskomitee of op versoek van die lede teenwoordig,
ontbind word. In enige
ander geval sal die vergadering verdaag word tot dieselfde dag die
volgende week, op dieselfde tyd en by dieselfde plek en indien daar
by sodanige vergadering wat verdaag is, geen kworum teenwoordig is
nie, sal die vergadering sine die verdaag word.
14.4
VOORSITTER
Die
Voorsitter, of in sy afwesigheid, die Onder-voorsitter sal voorsit
by elke Algemene Vergadering van die Organisasie.
14.5
GEKOSE
VOORSITTER
Indien
nie een van die Voorsitter of Onder-voorsitter teenwoordig is ten
tye van die hou van 'n vergadering nie, sal die lede van die
Bestuurskomitee en ander lede teenwoordig, 'n persoon uit hulle
geledere kies om as voorsitter op te tree.
14.6
VERDAGING
Die
Voorsitter mag met die instemming van die vergadering 'n vergadering
van tyd-tot-tyd en van plek-tot-plek verdaag maar geen ander aspekte
mag by so 'n uitgestelde vergadering bespreek word anders as die
onafgehandelde verrigtinge van die uitgestelde vergadering nie.
14.7
BESLUITE
By
enige Algemene Vergadering, tensy 'n stemming aangevra word deur ten
minste 4 (vier) lede van die Bestuurskomitee of 25 (vyf-en-twintig)
van die lede, sal 'n verklaring deur die Voorsitter dat 'n besluit
goedgekeur is en 'n inskrywing in hierdie verband in die register
van verrigtinge, voldoende bewys daarvan wees.
14.8
STEMPROSEDURE
Indien
'n stemming vereis word soos hierbo aangetoon sal dit op die wyse en
tyd soos deur die Voorsitter bepaal uitgevoer word en sal die
uitslag van sodanige stemming aanvaar word as 'n besluit van die
Organisasie-in-Algemene-Vergadering. 'n Stemming vir die verkiesing
van 'n Voorsitter of lede van die Bestuurskomitee vir die
daarvolgende jaar sal, op die wyse in Artikel 14.9 en 14.11
voorgeskryf, uitgevoer word en voorts sal die stemming om 'n versoek
om verdaging onmiddellik uitgevoer word. 'n
Versoek vir 'n stemming mag teruggetrek word.
14.9
STEMME
14.9.1
Elke
lid van die Bestuurskomitee en elke ander lid het een stem en niks
meer nie.
Lede moet egter in persoon die vergadering bywoon om die reg
te he om te kan stem. In geval van 'n staking van stemme, of deur
die wys van hande of deur stemming, sal die Voorsitter van die
vergadering op 'n tweede of beslissende stem geregtig wees.
14.9.2
Wedersydse
of tydelike lede het geen stemreg nie.
14.10
LEDEGELD
EN WYSIGING VAN DIE KONSTITUSIE
14.10.1
Die
Bestuurskomitee sal geregtig wees om die ledegeld deur alle lede
betaalbaar van tyd-tot-tyd te wysig. Die verhoging moet tydens die
Algemene Jaarvergadering bekend gemaak en goedgekeer word.
14.10.2
Die
Algemene Jaarvergadering sal geregtig wees om die konstitusie van
tyd-tot-tyd te wysig.
14.11
VERKIESING
VAN VOORSITTER EN BESTUURSKOMITEELEDE, UITGESONDERD EX OFFICIO LEDE
Die
verkiesing van die Voorsitter en Bestuurskomiteelede, uitgesonderd
die ex officio lede, sal deur geheime stem geskied soos in Artikel
15 uiteengesit.
14.12
NOTULE
Die
Sekretaris van die Bestuurskomitee moet notule hou in die boeke
voorsien vir die doel :-
14.12.1
van
die aanstelling van beamptes soos deur die Bestuurskomitee besluit;
14.12.2
van
die name van die Bestuurskomiteelede teenwoordig by elke vergadering
van die Bestuurskomitee of Sub-komitee of Dissiplinêre komitee en
van enige komitee van die Bestuurskomitee; en
14.12.3
van
alle besluite en verrigtinge by alle vergaderings van die
Organisasie en van die Sub-komitees van die Bestuurskomitee en elke
lid van die Bestuurskomitee teenwoordig by enige vergadering van die
Bestuurskomitee of 'n komitee van die Bestuurskomitee moet sy naam
teken in 'n boek wat vir hierdie doel bygehou moet word.
15.
BESTUURSKOMITEE
15.1
SAMESTELLING
15.1.1
Die
Bestuurskomitee sal uit minimum 6 (ses) en maksimum 12 (twaalf) lede
bestaan en sal soos volg saamgestel word :-
15.1.1.1
Dit
sal bestaan uit 'n Voorsitter wat nie vir meer as 3 agtereenvolgende
jare mag dien nie. 'n Sekretaris en 'n Tesourier en soveel ander
lede van die Organisasie wat gekies word.
15.1.1.2
Die
Bestuurskomitee mag verder uit 2 (twee) nominasies ex officio lede
bestaan wat deur die meerderheidsstem van die verkose
Bestuurskomiteelede genomineer word.
Die persone verkies op hierdie wyse hoef nie lede van die
Organisasie te wees nie en word uitsluitlik vir hul gespesialiseerde
professie of kennis aangewys, bv. ouditeur, prokureur, bemarking,
ens.
15.2
VOORSITTER
Die
Voorsitter sal jaarliks vir 'n termyn van 1 (een) jaar gekies word
of in 'n verdere termyn van een jaar indien hy bereid is om voort te
gaan; met die voorbehoud dat hy nie vir meer as drie
agtereenvolgende jare gekies mag word nie.
15.3
ONDER-VOORSITTER,
SEKRETARIS, TESOURIER EN ANDER LEDE VAN DIE BESTUURSKOMITEE
Die
Onder-voorsitter, Sekretaris, Tesourier en ander lede van die
Bestuurskomitee sal jaarliks deur die Voorsitter in oorleg met die
pas gekose Bestuurskomitee aangewys word en sal aan die einde van
hul jaar van diens weer aangewys kan word, indien hulle weer deur
die Algemene Jaarvergadering tot die Bestuurskomitee verkies word.
15.4
WIE
TOT DIE BESTUURSKOMITEE EN AS VOORSITTER VERKIES MAG WORD
15.4.1
Alle
lede van die Organisasie wat vir ten minste 2 (twee) jaar 'n lid van
die Organisasie is mag tot die Bestuurskomitee verkies word, op
voorwaarde dat die lid nie na aanleiding van die besigheid wat hy/sy
bedryf of die beroep wat hy/sy beoefen, na die diskresie van die
Bestuurskomitee, teenstrydig met die Organisasie se doelstellings
kan optree of die Organisasie in ‘n posisie kan plaas waar die
lede en/of buitestaanders die Organisasie verantwoordelik mag hou
vir die aksies van sodanige lid nie.
15.4.2
Die
vereiste dat die lede vir (2) twee jaar lede van die Organisasie
moet wees voor verkiesing tot die Bestuurskomitee, kan voor
verkiesing tot die Bestuurskomitee van afgesien word op die volgende
voorwaardes :-
15.4.2.1
|