Home Up

          Charity Day

Up

 

 

 

     

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

         

       

       

     ATV  LIEFDADIGHEIDS FUNKSIE
           16 Oktober 2010

   

Baie dankie aan al die klublede wat weereens gewys het dat ons KLUB dankbare lede het wat omgee vir hulle medemens.

Tydens die potjiekos naweek het mense se harte en beursies oopgegaan.  Bevoorregte lede wat nie skaam was om hulle hand in die sak te steek nie.  Hulle het uit die bloute gekom en hulp, middele en fondse aangebied om hierdie uitreik na minder bevoorregte mense ‘n sukses te maak.

Hierdie keer het ons die mense van Eastlyn en Jan Niemandpark getrakteer.  Ds. Peet Swanepoel van die plaaslike Hervormde Kerk, Doulos – ‘n organisasie wat voedsel verspei onder behoeftige mense en die CMR het die nagenoeg 180 gaste genooi.  Die verskil was dat ons hierdie keer gesinne kon trakteer.  Oupas, oumas, pa, ma en kinders het saam aan tafel gesit en eet.

Op die spyskaart was:  Plaatkoekies met kaneelsuiker en goue stroop
                               Vars geurige springmielies met keuse van 5 soorte geursels - oorgenoeg
                             
  Ys koue vars vrugtesap   -  480 glase  

Jammies Jamneck het omtrent die mense aan die skaterlag gehad met sy staaltjies en sang. 

Ons was gelukkig om ook vir Sanet Cilliers van Moreletapark as sangeres daar te hê.  Sy en haar dogtertjie Carma het almal aan hulle lippe gehad.  Die kinders het saamgesing in ‘n koortjie en die ander het gedans. Sommer so op die kerk se grasperk!! Nodeloos om te sê: die springkasteel was ‘n treffer.   

Intussen het die manne vleis gebraai dat dit gons.
50Kg sappige gemarineerde spare ribs – perfek gerooster deur ons eie chefs;       
30 Kg egte boerewors van Soutpansbergweg slaghuis het binne ‘n uur in die warm opskep bakke geland. 
Spesiale mieliepap met kondensmelk en botter, genoeg sjeba, aartappelslaai en kool en mayonnaise slaai.  Dan nog kraakvars broodrolletjies met vye konfyt  of aarbeikonfyt het ons gaste laat smul.  Nadat almal klaar geeet het, was daar nog genoeg om saam te neem huistoe.  Daar het nie ‘n krummeltjie oorgebly nie.  

Met die hulp van die kinders is die terrein in ‘n japtrap opgeruim.  Die belofte van roomys en sjokoladesous het hulle aangemoedig om dit in rekord tyd te doen.  Saam met die roomys het elkeen ook ‘n houertjie jogurt, ‘n pakkie Willards cheas naks en lekkergoed gekry.

Die dankbaarheid in die oë van die mense is meer as genoeg beloning wat enig iemand kon verwag.
Toe ons so net voor drie daar wegry, was ons stil – stil uit dankbaarheid vir alles wat ons elke dag uit genade ontvang. En stil tevrede met die wete dat ons  vandag ‘n verskil kon maak in  iemand anders se lewe.

Dankie aan almal wat finansieël bygedra het om die dag ‘n sukses te maak: Werner & Lizel Wiggett, Chris & Lill Wiggett, Johan Botha, Dawie Kruger, Kobus & Marli Erwee, Louwrens & Marinda Riekert, Darius Grobler, Piet Malan, Gert van Eeden, Hester Coetzee, Reinet Zeeman, Paul Kruger, Jana de Beer, Danie vd Westhuizen, die TURKE – Deon Coetzee, Juan de Wet, Okkie Hamilton, Kobus Joubert, Deon Kok jnr, Fritz Greger, Sound Services, Deon Kok, en DWJ Projekte.

Dankie vir die helpers: Fritz & Karen Greger, Tom & Meisie en Dalanie Zeeman, Chris & Lil Wiggett, Pieter en Grietha Jacobs, Reinet Zeeman, Marthie de Villiers, Wanda Voight, Antoinette Helberg, Rachel Pearson, Riaan en Reinet Els, Fanie & Fransie Vosloo, Melanie Coetzee en haar engelse buurvrou, Sarel en Wilma Viljoen, Mark & Sharon, Steven & Vanessa, Johan du Plessis, Louwrens & Marinda Riekert, Lily Meiring. Dankie vir my vrou Annatjie wat soos altyd ‘n voorslag was.    

Dis  ‘n groot plesier om saam met so ‘n klomp nice mense te werk!!!!!!!!!!
4x4 groete, Deon Kok

 
 
Up ]
Send mail to news@4x4atv.org with questions or comments about this web site.
Copyright © 2008 4x4ATV Club
Last modified: October 26, 2010
Web by Frits Greger  (soundser@lantic.net)